Kom Laat Ons Dit Verklaar…


Waar is jou fokus? Is dit op God of iets anders?

Ons sien wat rondom ons gebeur en is nie blind nie, maar gebeure en situasies moet nie ons wee, denke en besluite bepaal nie. Jesus is ons fokus en ons moet ons oë op Hom vestig, want Hy is die Begin en die Voleinder van ons geloof. Deur ons geloof moet ons verklaar dat God goed is en dat Hy goeie planne vir ons land het. Ons moet nie sit en wag vir dinge om te gebeur nie, maar goddelike waarheid oor ons land en wêreld spreek. Verklaar God se liefde en geregtigheid oor onsself, ons land en almal wat in leier posisies sit. God se weë is altyd in liefde en geregtigheid, goedertierenheid en trou. Ons moet dus Sy liefde en waarheid uitleef en verklaar.

Soms is dit nodig dat ons moet afstand doen van sekere dinge, dit ook rou en dan weer vorentoe beur. Laat dan dit wat verby is in die verlede en plaas al ons tyd, krag en energie in die nuwe. Dawid het gesing van die Herder wat ons deur die dal van dood skaduwee lei. Dus moet ons nie kamp opslaan by dit wat dood is, verby is en ons mag terug hou nie, maar toelaat dat ons Goeie Herder ons lei.

Ons kan dus op ‘n daaglikse basis verklaar dat liefde en geregtigheid gevestig word in ons land. Ons kan dus ook verklaar dat alle ongeregtigheid, valsheid en bedrog ons land sal verlaat om plek te maak vir goedertierenheid en trou.

Kom ons bou ons land op in die wil en waarheid van God en hou op om vas te kyk in die werke van die duiwel. Laat ons nie reageer uit vrees en teleurstelling nie, maar laat ons regeer met Jesus wat ons lei.

Nog 7000 polisie manne word benodig in Gauteng…


Is dit waar ons nou is…?

FIRST KICK GOD OUT AND THEN MOST OF THE PROBLEMS WILL BE FIXED.

Dit is die grootste fout ooit om vir God uit te skop. Ons het Hom nou nodig, meer as ooit – nie meer polisie manne of vroue nie.

EN

MENSEREGTE MOET GAAN !!!

Huidiglik gaan die lewe oor “EK EN MY REGTE”, mense gee net om vir hulself en STUFF die res.

Ek glo dat menseregte reguit uit die hel is. Dit bring nie ‘n gesonde gemeenskap, liefde, respek en eer voort nie, maar selfsug en self-liefde. Hierdie selfsug en liefde vir self is besig om die ergste epidemie te word waaraan miljoene besig is om te sterf.

Die simptome van die finale stadium van hierdie epidemie maak mens dom en afgestomp sodat hul niks buite hul eie begeertes kan waarneem nie. Hul kan glad nie mense om hul se seer of vreugde waarneem of waardeer nie. Gevolglik val die hele struktuur waarop verhoudings gebou word in mekaar en die mensdom wat geskep is vir verhouding vernietig hulself onwetend agv dit wat reeds gesterf het deur selfsug en liefde vir self.

Hoe meer ons God deel maak van ons lewens, hoe meer van Sy liefde, vrede, vreugde, geduld, goedheid, getrouheid, goedhartigheid, vriendelikheid en selfbeheersing is teenwoordig in elke situasie waarin en waardeur ons gaan. Dit is soms nodig dat ons Hom moet soek in van hierdie situasie omdat Hy nie dadelik sigbaar is nie, maar ons sal Hom vind.

The Truth is like a lion.
You don’t have to defend it.

LET IT LOOSE, IT WILL DEFEND ITSELF

(St. Augustine)

Die belangrikheid van gebed


Ons moet as gesinne en families saam bid.

Wie van julle bid nog gereeld saam?

Dit is belangrik dat ons saam bid as families, gesinne en gebedsgroepe.

Hierdie foto hierbo het al die rondte op die net gedoen met woorde wat ons almal aan spoor om saam te bid. Is al meer as 35 duisend keer op Facebook aangestuur, ‘n paar duisend keer op WhatsApp en ander sosiale media.

Indien ons Suid-Afrika wil verander ten goed moet ons BID!!! Bid saam vir mekaar, ons land, die mense van ons land en vir almal in leierskap posisies.

NIE NET BID VIR DIE GOEIE MENSE VAN ONS LAND NIE, DIE ANDER HET DIT TOG MEER NODIG.

Bid vir waarheid en geregtigheid om te heers in alle aspekte en situasies. Bid vir Vrede en Vergifnis…

Bid, bid, bid…

Bybel of ander boeke…


Wat ons as Christene moet glo en uitleef is dit wat ons in die Bybel lees. Baie mense lees liewer ander boeke wat vertel van die Bybel of wat ‘n sekere bybelseonderwerp verduidelik.

Daar is niks fout met ander boeke of bronne nie, maar ons moet ook die Bybel gereeld lees en goed ken. Jesus het dit duidelik gemaak dat Hy Sy Gees sal stuur om die woord vir ons te kom openbaar.

Die Bybel is eenvoudig genoeg sodat die gemiddelde persoon dit kan verstaan, veral met die hulp van die Heilige Gees. Jesus het ook gesê dat ons na God toe moet kom as kinders.

Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kind ontvang nie, sal dit glad nie binnegaan nie (Markus 10:15).

Hoe ingewikkeld moet die pad na die koninkryk wees as ons soos ‘n kind moet kom? Moet ons Grieks en Hebreeus leer om die Woord van God akkuraat te hanteer? NEE!, Ons kan vertrou dat die Heilige Gees ons in die hele waarheid sal in lei soos Jesus gesê het.

Die Bybel maak dit duidelik dat God wil hê dat ons Hom moet ken. Hy vererg Homself nie en het nie sy plan van versoening moeilik gemaak om te verstaan nie.

Ons moet dus nederig soos ‘n kind vertrou in en op Hom en gehoorsaam wees aan God se woord, want Hy is ons hemelse Pappa…

Ander boeke, artikels, blogs, preke of gesprekke is dus nie nutteloos nie, maar moet nie die primêre bronne word waar ons van God leer nie. Dit is nie ‘n goeie navorsingstegniek nie, die primêre bron moet die prentjie skets en enige ander bronne moet slegs sekere aspekte help inkleur.

Wie was jou wonderwerk vandag?


Ons het elke dag ‘n ietsie nodig om ons fokus weer op God te plaas, weg van die alledaagse probleme. Daar is dan daardie persoon, meeste van die tyd onverwags, wat vir jou daardie ietsie sê of doen wat alles in jou binneste skud en jou oë weer net op Hom vestig.

Dit is daardie mense wat my wonderwerke is…

Waar is jou hoop?


Die Bybel leer ons dat God ‘n God van hoop is. Hy is die skepper van hoop. Ons moet na Hom kyk as ons bron van hoop.

God laat mense aanhou hoop. Ek bid dat Hy vir julle bly sal maak en dat Hy vir julle vrede sal gee, vir julle wat glo. Dan sal die Heilige Gees vir julle krag gee, en julle sal baie seker wees dat die dinge wat julle hoop, sal gebeur.
Romeine 15:13 ABA

Die Psalm digters moedig ons, en hulself, ook ‘n paar keer aan om ons hoop in God te plaas. Ons moet dus leer om God te vertrou en Hom as ons hoop te sien en te aanvaar.

Ook “My grootste blydskap” .


https://wp.me/p3Wx9i-Ve

The Life-Giver

%d bloggers like this: