Gebede vir ons familie en Vriende

Ons land het baie gebed nodig waar families en vriende uitmekaar spat, verhoudings verbrokkel en selfsugtigheid ons harte kom vul. Dit is in eenheid dat ons mekaar opbou en ondersteun.

En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word. Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.
(Jakobus 5:15-16).

Kom ons bid vir mekaar.

 


 

63 gedagtes oor “Gebede vir ons familie en Vriende”

  1. Ek kom vra met groot seer in my hart en onophoudelike trane in my oe dat julle asb saam met my sal bid vir my liewe pappa wat baie bitterlik siek en erinstig in die hospitaal le met kanker en long infeksie wat tans keer dat behandelig nou kan begin. Asb dra hom in jul gebede want net ons pappa Vader kan wonderwerke laat gebeur. Xx

    Like

  2. More. Bid vir my om om te leer vergewe vir dit wat aan mt gedoen was in my verlede deur my 2 egskeidings. Om verwerping te verwerk en my Jesus ten volle aan te gryp en myself die minste te maak en ons Heer die meeste. Bid vir my verhouding nou waar ek vir die eerste keer n gelowige man ontmoet het wat nog kniel voor ons Heer. Bid vir geduld waar ek my aangenome moeder versorg en haar meer en meer sal waardeer omrede sy en my vadertjie my aangeneem het en hulle sin gemaak het. Bid dat my verlede iets ban die verlede sal bly en ek nou op 53 sal kan asngaan met wat ons Heer vir my ingedagte het

    Like

  3. Ons Hemelse Vader, ek kom na u in Jesus se naam en se dankie dat ons toegang tot u het deur wat U gedoen het deur Jesus. My Vader, u wat ons lewens die moeite werd maak, sien u volk raak, doen n wonder in Suid Afrika, red ons mense, ons familie en vriende, ag my Here, net u kan n wonderwerk doen, en ek vra dit in die naam van Jesus , ons verlosser.

    Like

  4. My naam is Jonathan Syster van Gouda in Boland,my vrou Se naam is Merl Syster En ons het twee dogters,Amoray 4jaar En Meulin 6Maande,ek vra aseblief DAT julle net vir my huwelik moet bid DAT ons moet bymekaar staan deur dik En din tot die dood ons skei,sy is by haar ma,ek is Nou op die oomblik sonder werk as ek nie werk het nie Dan meng haar ma in En kom neem haar weg van my AF,En as dinge hand uit ruk by ha ma hulle Dan bel sy my om haar te kom haal,weet nie meer wat om te doen in so n saak nie,voel om te skei…

    Like

  5. God het U het gese waar daar meer as en saam kom sal U hoor…., ek glo en vetrou dat God en ook almal wat saam met my bid die seer sal help genees tussen myself en my dogter wat ek onbeskryflik lief het, ek bid vir U genade en hulp Here dat my skoonseun en dogter in U naam gesond is en onder U bewaking sal wees en dat U deur die Heilige Gees sal werk om ons verhouding te herening as n familie. Here gee my asseblief die krag om getrou te bly en te weet nie my tyd nie maar U tyd! Amen

    Like

  6. Goeie naand Aan Almal,

    Ek het asb groot gebed nodig vir iemand wat baie spesiaal is vir my…

    Hy is in groot finansiele moeilikheid en agv dit wil hulle (die bank) nou sy huis verkoop, hy het klaar sy kar verloor!?

    Groot asb?

    Like

  7. Here maak asb vir Eon pace volkome gesond.Here gee asb vir Eon n goeie versorger wat ek kan bekostig en Here laat my kind weer normaal wees en sy arms kan gebruik soos voor sy siekte. Dankie Here vir U genade.

    Like

  8. Ek wil graag vandag opreg dankie sê vir die Liewe Vader. Ek is gesond, het ‘n werk en alles wat ek nodig het! Daar is bitter baie mense daar buite wat minder of niks het nie…dan is daar mense wat op die oomblik in ‘n verknorsende situasie is en nie uitkoms sien nie. Vandag wil ek vir gebed vra vir my familie. Liewe Vader, ek dank U dat ek alles op die oomblik het wat ek nodig het! Die mense, naaste aan my het U hulp dringend nodig…wat besig is om iets te verloor en ek kon nie help nie…Hoor asb hul hulp krete en laat hul vertrou dat U hul ‘n uitweg sal gee…Hul het U dringend nodig. Ons weet en vertrou op U Liewe Vader. Ek bid in die Naam van ons Vader, God dat U by hul sal wees en hul sal help! In Jesus Naam! Amen!

    Like

  9. Bid asb saam vir wereld vrede. Ons bid tot U Vader God vir die beskerming van elke gelowige hier in Suid Afrika en alle gelowiges en ons kinders en familie in verre lande, bewaar hulle teen die aanslae van die bose. Vader God ons bid ook vir die ongelowiges wat nou die wereld met geweld wil oorneem, ons bid dat hulle Jesus Christus as hulle verlosser sal aanvaar en dat hulle sal besef dat U Vader God is in beheer van wereld gebeure. Alle dank en eer aan U ons Vader en Here Amen

    Like

  10. EK vra gebed vir my dogter wie in die hospitaal is en doktors weet nie wat die probleem is nie so sy is nog steeds nie op medikasie nie en wag al vir drie weke om ge diagnoseer te wor bid asseblief vir haar sy is maar net 21 jaar oud met n drie weke oue baba

    Like

  11. Ek vra gebed vir almal wat in die koue buite slaap. Hulle n warm iets oor hulle lyfies kry. Ek dan ook n gebed dat hul maagies vol is elke aand. Dan my gebed, kos en liefde vir my huis gesin. Dankie Vader

    Like

  12. Emmerencia ons bid nog steeds vir jou en julle verhouding. Dankie Vader God dat ons saam met hierdie mense kan bid en sodoende U kan deel maak van hul lewens en ook hierdie moeilike situasie. Ons bid U guns, genade, liefde en waarheid oor elkeen van hulle. Ons bid ook dat hul U werklikheid en teenwoordigheid daarin sal beleef. Dankie Here, Amen.

    Like

  13. Goeie more .Ek wil graag he u hulle moet vr my bid want ek gaan deur n swaar tyd no op di oomblik.Ek en boyfriend bly saam vir 19jaar en ons het drie kinders n seun van vyf jr en twee meisies my boyfriend ht n meisie ontmoet en sys swanger van hom nou sy skel en vloek my lelik en dt gaan nt aan ek het haar aan gegee by di polisie en ht n hof saak aan vr di 12de junie en die 24ste junie dan moet ons op di hof wees ek wil net he u hulle moet vir my bid en my kinders en vir di hofsake asb

    Like

  14. Here ek dra my huwelik op na u toe waar ons al so ver van mekaar gedryf het dat stilstuipe ingetree het – porno en eie wys het ons huwelik vernietig en bly ons saam as maats onder een dak maar nie as huweliks maats nie – ons gaan elkeen ons eie gang…… my hart huil elke dag……….

    Like

  15. Jerry ons bid saam met jou vir jou familie.
    Dankie hemel Vader vir geneesing, rus en vrede vir elke persoon in hierdie familie. Ons seën ook elke persoon net liefde en teenwoordigheid van God. AMEN

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

The Life-Giver

%d bloggers like this: