Kom ons bid

Elkeen van ons moet bereid wees om ‘n verskil te maak in alles waarin ons betrokke is. Leer om te bid vir jou omgewing – werk, huis, woonbuurt, vriende, familie ens.

Gebed is een van die belangrikste elemente in die proses van transformasie.

URGENCY for the well-being of the earth is born in the heart of God. The divine desire moves through the world, seeking to make all creatures radiant with goodness and alive with righteousness. True prayer includes every desire of our own that helps align us with this loving movement of the Spirit. Once we realize this, we are very close to prayer without ceasing (1 Thess. 5:17).

Robert Corin Morris
Wrestling with Grace

Kom deel jou gebede hier waar ander ook deel daarvan kan word en saam met jou kan bid.

Gebede vir familie en Vriende
Gebede vir ons Land

 


 

148 gedagtes oor “Kom ons bid”

  1. Hallo kan julle asseblief vir my man bid. Ons het so 5 maande terug ‘n verkeerde besluit gemaak, rakende ons toekoms. My man was n beter werk aan gebied en toe ons soon toe trek , was die belofte van werk nie meer daar nie. Ons moes weer trek na sy geboorte dorp toe en Bly saam sy familie. Ons het 4 kinders. Ons was van Mei af sonder werk. Ek het weer werk gekry, maar my man sukkel.Hy het al orals aansoek gedoen vir werk en hoor net niks nie, hy is n Boer. Nou Skuld hy iemand R 7000 en moet dit terug betaal voor middel Nov. Ons het nie geld nie, en ons yskas en wasmasjien het gebreek. Ons voertuig moet remme kry ens. Dit voel of alles net verkeerd gaan. Ek bid en smeek die Here om ons te help. En dit voel of ek teen die muur vas bid. My salaris wat ek verdien kan net ons voertuig betaal en bietjie kos koop. Ons is 90% afhanklik van my man se familie. En ons trek hulle ook af.Asb bid dat die Here vir ons n uitkoms sal gee, en dat ons net die mense se geld vir hulle kan betaal. Baie dankie

    Like

  2. Ek bid dat my eks moet ophou met sy afdwalende leefwyse as dit die Here se wil is en as dit nie is nie bid ek dat ek asseblief kan ophou droom van hom elke liewe aand. Eks dankbaar dat ek weer kan my ken lig en aanbeweeg dit sal net soveel beter wees om nie elke oggend wakker te word en hartseer te wees nie. Asseblief Here moenie dat die duiwel my aanval nie. Seen my eks en vir my al moet ons nie bymekaar wees nie.

    Like

  3. Ek sal verseker vir jou bid ….O GOD OGOD O GOD WYS VIR ONS DAT U DIE KONING VAN ALLE KONINGS IS EN KOM MAAK AL DIE ONREG REG WANT AAN U BEHOORT DIE KONINKRYK EN DIE KRAG! EN DIE HEERLIKHEID!!! O JESUS CHRISTUS U IS EN BLY KONING VAN ALLE KONINGS MAAR WYS DIT VIR ONS WAT U LIEFHET EN AANHANG MY GOD VAN CHRISTUS!!!!!!!!!!KOM EN KOM MY VADER !!!AMEN

    Like

  4. Ek het nou twee seuntjies, askuus een seuntjie van 11 jaar oud uit my vorige verhouding en ek en my man se baba seuntjie is nou 18 Maande.

    Like

  5. More, ek en my man is nou hierdie jaar 6 jaar getrou. Dit was amazing. Ons het soveel antwoorde gekry dat God ons bymekaar gevoeg het en dat ons bedoel is vir mekaar. Ons het albei die sielverbintenis gebed gedoen, is gedoop. Ons lewe vir Abba gegee. Met ons troudag het die donderweer buite geslaan toe ons in die kerk geseen is nadat ons nagmal gebruik het. Dit was soos ‘n sprokiesverhaal. In ‘n selgroep met net sy ouers en myne +-20 mense op ‘n Dinsdag aand in ‘n klein kerkie wat aan ‘n gastehuis vas is. Geen harde partytjies en drank ens nie. Ek het ‘n seuntjie uit ‘n vorige verhouding. Dit was awesome. ‘n Baba seuntjie van 18 maande. Ons het twee jaar in ons huwelik in het alles begin skeef loop en ons alles verloor en na sy familie se plaas getrek met geen ander keuse. Intussen het ek werk gekry wat nie baie betaal nie maar hy het sy eie ding met konstruksie gedoen en freelance kamera werk. Dit het ‘n bietjie inkomste gebring. Maar 10 maande terug vind ek uit hy het ‘n verhouding met ‘n vrou 10 jaar ouer as hy. Hy het Oktober laaste jaar huis verlaat en wil skei. Sy het ‘n groot houvas op hom. Hy bly egter nie by haar nie ,maar hulle maak dit so duidelik aan almal dat hulle die beste is wat met mekaar geberu het en ek is die slegte een. Hy help glad nie finansieel nie en stel ook ni belang om sy kind te kontak nie. Ek bly nogsteeds in sy ouers se tweede huis. Hoe kan iets wat God ons gegee het en so amazing was so opbreuk. hys nou al 8 maande weg, ons is nog getroud. Ek weier om te skei. Ek is verpletter en gebreuk. Ek sukkel finansieel ook bo op dit alleen. Ek weet nie meer watter kant toe nie. Ek bid en vra en glo en huil maar niks kom daarvan af nie. Ek staan alleen en weet nie meer watterkant toe nie. Ek kan nie geld leen nie want terug gee kan ek nie. Ek kry nie ander werk om net hier weg te kom nie. Hy stel nie belang nie en sms my net as hy my vertel ek moet my lewe reg kry want Yeshua se koms is naby dan block hy my weer. Eks moeg, geestlik liggaamlik en emosioneel moeg gesukkel. Ek mis hom tog so baie…Bid asseblief saam my??

    Like

  6. Bid asb saam my vir God se vrede..ek voel alleen. Ek wil naby Hom leef en wees.
    Bid asb dat Sy wil sal geskied in my lewe.. Hy eerste .
    Dat ons in SA sal terugdraai na God toe
    Soveel Gods manne voor ons is n inspirasie vir ons.

    Dankie en seen

    Like

  7. Dankieliewe heer dat u hierdie gebed sal verhoor die uitroep na hulp vir iemand wat kinders heten .n man wat dwelms gebruik wees saam met haar en gesin o God van Jacok en Moses …Amen

    Like

  8. Here wees asb saam my en my man en kinder ek wil nie vir geld vra nie here wees saam ons elke dag en hou asb die duiwel weg van ons af here help om my man ander aan u te bring here help om om van die drugs of te kom maak hom n kind van u ek vra dit in Jesus se naam amen

    Like

  9. Goeie dag
    Hiermee wil ek net vra dat u asb mooi moet dink want dis net Liewe Jesus wat gee en neem.
    God sal ons nooit iets gee wat ons nie kan hanteer nie , vetrou net asseblief. Hy belowe ons immers elke dag in Sy woord dat HY ons nooit maar nooit sal verlaat nie….kom ons bid

    Liewe Genadige Vader U IS DIE SKEPPER VAN ALLE DINGE U KEN ONS ALMAL WANT U HET ONS IMMERS IN ONS MOEDERS SE SKOTE GELE, DANKIE DAT ONS KRAG VAN U KOM DANKIE DAT DAAR NIKS MET ONS SAL GEBEUR WAT ONS EN U nie saam kan hanteer nie . Ons vra dit in U wonderlike naam Koning Jesus…Amen

    Like

  10. Hallo Nicky,
    As jy jou dood kan verhoed dan is jy selfsugtig om daarmee voort te gaan. Dood is nie so maklik om te verwerk. Dit is beter om jou lewe in God se hand te plaas en Hom te vra om jou sterk te maak want jy is swak en het Hom nodig. Ons bid Jy die regte besluit sal neem en werklik lewe sal kies en nie dood nie. Ons as kinders van God moet nie kies tussen reg en verkeerd nie, maar tussen lewe en dood…

    Like

  11. Bid asseblief vir almal wat ek moet agterlaat, ek is bang vir niks van selfdood nie, behalwe dat my mense gaan swaarkry, is dit verkeerd om te bid dat hulle my asb gou moet vergeet????

    Like

  12. Goeie Dag Geliefdes in Jesus.

    Ek bid dat die Here my ongebore baba sal seen, my genadig sal wees in die tyd van beproewing en vir my n God van soveel nabyheid sal wees.

    Here ek wil U loof en prys tot dat ek my laaste asem uitblaas want U is my Koning.

    Alexia

    Like

  13. Baia Dankie Vader dat U die pantser tussen ons en die kwaad is en dat U ons telkens terug bring daar na waar U genade vir ons genoeg is. Amen en amen

    Moira L E Dolmacht
    Records & Archives Clerk
    Tel : 022 4879400 X2273
    Fax: 022 4879440
    E-mail: dolmachtm@swartland.org.za
    Swartland Municipality

    Like

  14. Baie dankie Here onse God wat altyd so getrou na ons gebede om luister en daarmee te deel. Dankie Jesus vir U voorspraak namens ons by God om ons versoeke te ondersoek en ons gebede seën met ‘n goddelike seën. Gedink aan ons gebede asseblief o Heer. Amen.

    Like

  15. Dankie Heer dat U die Koning van alle Konings is . Dankie dat U genade vir ons genoeg is want as ek swak is is ek sterk deur U Almagtige Vader . Daarom sê ek Baie Dankie dat U nooit my hand sal los nie want sonder U beteken ek niks. Dan smeek ek ook vir reen , vir water my Heer en dat ons nie langer in twyfel sal wees oor ons groot water krisis nie. dANKIE DAT u ONS GEBEDE SAL VERHOOR EN DIT SAL LAAT REEN. amen en amen.

    Moira L E Dolmacht
    Records & Archives Clerk
    Tel : 022 4879400 X2273
    Fax: 022 4879440
    E-mail: dolmachtm@swartland.org.za
    Swartland Municipality

    Like

  16. Here, ek bid vannaand vir my vrou en my pragtige 2 kinders. Hester, ek is ontsaglik lief vir en met so ‘n goeie vrou aan my sy, sal dit begin goed gaan. Ek bid vir Wynand, pragtige seun met die wysheid van ‘n volwassene en die hart van ‘n kind. Ek bid vir my dogter Stephanie, sprankelend en vol lewe en bietjie eiewys. Here, hou U hand van beskerming oor hulle, en kan ek vra dat U die swaarkry sal verander in voorspoed. U snoei my al so lank om die beste vader en versorger te wees. Dankie Here dat U ons op die regte tyd op die regte plek sal plaas en weet dat ek U in alles wat ek doen en sien U sal soek om U genade te beleef. U is so groot en magtig en is tot alles instaat. Help my gesin en help my. Groote God, dankie. Amen en Amen.

    Like

  17. Goeie dag

    Hiermee wil ek net vra dat ons alle eer aan ONSE KONING JESUS moet gee .Die KONING VAN ALLE KONINGS .Ons mag nooit Jesus se belofte aan ons vergeet nie. Die belofte dat Jesus in die woord sê dat ons alles sal kry wat ons in Sy wonderlike naam vra. So indien dit reen is sal dit nie net reen wees nie, maar ook alle goeie dinge maar dan moet ons ook onthou dat Jesus jaloers is en nie vir ons met wereldse dinge wil deel nie maar net dat ons hom moet aanhang! Dankie dat ons nooit sal nalaat om vir mekaar te bid nie!Mag die smekinge van U hart vervul word en mag ons alles kry wat ons uit genade smeek.
    Groete in Christus

    Moira L E Dolmacht
    Records & Archives Clerk
    Tel : 022 4879400 X2273
    Fax: 022 4879440
    E-mail: dolmachtm@swartland.org.za
    Swartland Municipality

    Like

  18. Dankie dat ek ook deel kan wees.Ek is n boer in Delmas. Soos julle almal weet lyk dit nie goed daar buite nie,nie net hier nie maar in die hele land. Ek weet ook dat ons die HERE nie net moet vra vir reen nie maar dat ons moet vra dat alles wat ons verkeerd doen sal reg maak en ons ons moet terug draai na Hom.So kom ons gee alles wat ons het om almal weer na God te laat kyk en alles vir Hom te doen

    Like

  19. Ek het n paar groot teleustellings hierdie jaar MOES beleef. Ek het vir plus minus 2 maande dinge met God bespreek en het die gevoel gekry dat God my die groen lig gegee het te midde van my besluitnemings. Dinge het egter nie vir my uitgewek nie. Ek is nou in twee geskeur, want ek verstaan nie God se plan nie. Dit was tog alles n gebed-saak. Ek bly egter steeds aan God glo en vasklou. Het ek God verleetd gehoor. Ek glo ni. Voel net baie verward en deurmekaar. Dinge werk net ni vir my uit nie. En dit verporsaak dat ek depressie tans het.

    Like

  20. More almal in Christus, dankie dat ek met julle kan deel in gebed dankie dat onse God ons alles sal gee wat ons vra …en meer en dankie Heer vir U genade wat vir ons genoeg sal wees in Jesus naam.
    Groete IN Christus

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

The Life-Giver

%d bloggers like this: