Kom ons bid

Elkeen van ons moet bereid wees om ‘n verskil te maak in alles waarin ons betrokke is. Leer om te bid vir jou omgewing – werk, huis, woonbuurt, vriende, familie ens.

Gebed is een van die belangrikste elemente in die proses van transformasie.

URGENCY for the well-being of the earth is born in the heart of God. The divine desire moves through the world, seeking to make all creatures radiant with goodness and alive with righteousness. True prayer includes every desire of our own that helps align us with this loving movement of the Spirit. Once we realize this, we are very close to prayer without ceasing (1 Thess. 5:17).

Robert Corin Morris
Wrestling with Grace

Kom deel jou gebede hier waar ander ook deel daarvan kan word en saam met jou kan bid.

Gebede vir familie en Vriende
Gebede vir ons Land

 


 

148 gedagtes oor “Kom ons bid”

  1. Goeie naand ek vra asb gebed vir my en my kinders dat die here asb ons sal uit die abuse lewe uit sal kry en asb my sal n uit weg gee om te sky ek kan ni meer ni eks despress als raak te veel asb

    Like

  2. My naam is Denise ek is kind van god ek n frient wat se naam luhan is hy en sy vrou het n plek oop ge maak in 2009 Huis waar hulle jog Mense help met hulle proebleme suuns 14 van julle bly in n Huis ek soek borge vir hulle ek Ken vir luhan baje lank hulle doen hipop vreestal vir jesus hulle het baje dringent help nodeg aseblief kyk of julle kan help hulle kort Huis fader Kos klere bou gereetskap kriepie krolie bat goet noothulp sak kers geskekihe iemant wat kan bou as n vrywilegir bely ook as julle kan help 0726719833 bid daar foor

    Like

  3. Dag almal baie dankie ek geniet gebede so baie groot asb my man het my verlaat en ek is verskriklik eensaam help my bid asb want ekt reeds moed verloor ekt reeds vir God gevra indien my man nie trugkom nie God my genadig sal wees en iemand anders stuur asb want ek is bitter baie lief vir my man maar as hy die ander vrou liewer het kan ek niks maak nie maar ek is sooo eensaam .Groot asseblief ek smeek vir gebed vir versoening en om die eensaamheid weg te laat gaan ..

    Like

  4. Ek vra vir gebed!!! Ek is moedeloos en bedruk. Ek voel alleen en my hart is stukkend. Ek sien om na my ouers wat saam met my bly en dit beinvloed my verhouding. Dit raak moeilik om na almal om te sien en mense kan nie verstaan dat ek nie my rug op my ouers kan draai nie. Ek sal dit nooit kan doen nie. En deur dit word ek elke keer verlaat! Die seer eet my op! God se ons moet ons ouers eer. Hoe kan ek nie omgee wat met hulle sal gebeur nie. Here Help!!!!!

    Like

  5. Ek sit vandag hier, stukkend, moedeloos, gebreek. My man het 6 mnde gelede sy werk verloor en in die tyd het ons ook alles verloor . Die een na die ander ramp het ons getref. Sonder werk , huis en geld durf ons toe nou maar die lewe aan. Na horde cv’s se weg stuur maar niks hoor , was vandag my KNAK dag. Ek vra toe , Here waar is U dan , hoekom hoor U nie my gebede nie. Wel raai Wat? Ons het nog nie werk gekry nie maar ewe skielik tussen al die werk soek was hierdie webblad skielik daar. Ek lees die gebede daarop en, WOW! Lig! Lig! en Lig! Dankie aan almal. Hou moed God is altyd daar.
    Seen groete in Jesus Naam

    Like

  6. Liewe Vader vandag is ek op my knie en vra dat U asb sal ingryp in ons land want die mens is besig om dit te vernietig, Heer ek vra dat U U hand sal uitsteek en die wat nie kan sien se oë te open en die nodige verstand te gee sodat hul dit na die beste van vermoë kan gebruik. Liewe Heer dan vra ek dat U asb. saam met Franco sal wees sodat hy ‘n goeie werk kan kry sodat hy onafhanklikheid kan smaak. Here dan wil ek bid dat U vertroosting by Jennifer sal bring wat haar seun verloor het, Here hou haar styf vas in U hand en droog haar trane met U liefde. Here baie dankie vir alles want alles is deur genade aan ons gegee, niks is ooit vir ewig. Baie dankie onse liefdevolle Vader vir alles wat U ons mee seen daagliks. Ek bid dit in die naam van God die Vader, God Die Seun en God Die Heiligegees.. AMEN

    Like

  7. ek het ook hier af gekom deur google gedink gaan oplossing vir my probleem kry maar toe lees ek santie se gebed en dink toe hoe ondankbaar ons mense kan wees en hoe min ons GOD dank vir dit wat ons het daar is baie mense daar buite wat honger is en buite slaap so ons bevoorregtes moet op ons knee gaan en GOD dank en al die eer gee dat ons het wat ons het en is wie ons is en altyd daarna sal strewe om n goeie en opregte kind vir GOD te wees.dankie HERE vir my goeie lewe en help my om ander barmhartig te wees en te help amen.santi kontak my asb GOD LAAT DINGE GEBEUR NIE MET TOEVAL AS JY OPREG IS NIE.ALLE EER AAN GOD MENSE DINGE IN DIE LAND SAL NIE REG KOM AS ONS NIE TRUG KEER NA GOD TOE NIE

    Like

  8. Ek het ook op google hier aan gekom. Die gebede is wonderlik. Dankie aan almal. Maar asb ek wil vra bid vir my en my man sodat die Jesus ons huwelik ook sal red. Ek glo dat niks onmoontlik is vir God nie en alles met die krag van gebed aan hom oorgedra kan word. “Here ek le my probleme en my huwelik en my gesin voor U voete neer vanaand en vra dat U die heilige gees oor ons sal bring sodat my man moet terug kom na waar hy hoort sodat ons in U woord en liefde weer verenig mag word. Ek weet dis U wil Here om ons huwelik te seen en nie te laat eindig nie. Want ons het mekaar lief en U het ons lief Here. Bring ons asb weer saam soos dit hoor en soos U ons een gemaak het. In die naam van ons groot Vader. Amen

    Like

  9. Dankie Here dat ons vir Santi hulle kan bid. Ons bid vir ‘n deurbraak in hul finansies, en ook vir ‘n wete dat hul in U kan vertrou en dat U vir hul uitkoms sal gee. Ons seën vir Santi en haar kinders met God se liefde, vrede, vreugde en teenwoordigheid. Amen

    Like

  10. Bid asseblief vir ons finansies. Ek het twee tieners in die huis wat geseën is met baie talente. Nou is daar nie meer elke ete kos op die tafel nie. Hoe kyk ek hulle in die oë? Ek is bitter moedeloos. Reeds voertuig verloor. Ek bly op my werkgewer se terrein en kan nie meer die armoede wegsteek nie. Ek gaan nou ‘n verleentheid word vir die personeel wat onder my werk. Bid asseblief…

    Like

  11. Ek wil graag saam met Elna bid met ‘n soortgelyke versoek vanaf die Meester, onse Jesus. Ek vra vir voorbidding vir my my seun wat al getroud is met drie(3) pragtige dogters van 11, 7 en 2. Ons het hom sy hartsbegeerte gegee om seekursusse te gaan doen maar nou kom hy net mooi nêrens. Hy het intussen verslaaf geraak aan dwelms en nou is hy nog met hierdie verleidende gees ook nog opgesaal. Sy vrou sê haar geduld raak nou op vir hom daarom wil ek graag hê dat u hulle ook hom moet insluit by die gebede wat gedurigdeur uitgaan.
    Liewe Jesus asb gedink aan Elna se versoek en verlos hier seun van alle rook euwels en maak hom gesond in die naam van onse Here Jesus. Amen.

    Like

  12. Here Jesus ek wil eerstens vir U dankie sê vir alles wat U daagliks vir ons skenk. Niks wat ons het verdien ons nie Vader dit is slegs uit genade dat ons nog hier is en daagliks ‘n kans kry om reg te maak. Liewe Heer U weet hoe ek elke dag in tree vir my kinders en hul geliefdes se redding. Vader, ek gaan nie ophou bid nie. Jesus ek bid vir wysheid en smeek dat die Heiliige Gees asb daagliks saam met hul sal wees. Stuur asb vriende op hul pad wat ware kinders van U is. Liewe Heer ek bid vir gesondheid van my kinders en dat die rookduiwel hul sal verlaat. Gebruik my Jesus om in liefde, sonder veroordeling met hul te praat. Dankie Jesus, baie dankie vir U alomteenwoordige liefde en trou.

    Like

  13. Pat Taute, 24 Augustus 2015

    My Here, en my God die Almagtige, selfs wil ek in hierdie ogend ure bid vir die versoeke van die afgelope jare se pleit by U. Ons is totaal afhanklik vir U ingryping in ons lewe. Ons is gedurigdeur omring deur die Bose maar net U alleen kan hierdie valse sluiers en kettings van duisternis en leuens in ons lewens verbreek in die Naam van onse Here Jesus Christus wat U aan ons geskenk het as ons Saligmaker en verlosser. Baie dankie liewe Here vir die gebede wat verhoor is en dankie vir die manne wat intussen na U Here algekom het.Prys U wonderlike Naam daarvoor.
    Maar onse liewe Here…. daar is egter nog uitstaande gebedsversoeke waarvan die vorige skrywers nog nie antwoord gekry het nie en dalk moedeloos geraak het, maar ek staan in daardie gaping om in geloof te kom vir smeking om redding en verlossing vir die manne van hierdie dames wat voorheen wat al voorheen by U liewe Here al gesmeek het vir redding en verlossing van hule gesinne.
    Ek spreek vanmore gelei deur die Heilige Gees….bevryding, redding en verlossing in die Naam van onse Jesus Christus. Mag God hierdie leuens uitruk met ‘n gees van Liefde, Geloof en Hoop op vrede.
    Ek bid dat die vrymoedigheid om verder te bid by vroue altyd daar sal wees. Amen.

    Like

  14. Here Jesus vanand bid ek Meester vir sterkte krag en U onverdiende genade,ek is vanand so moedeloos Meester omdat ek worstel met dinge in my huwelik,familie,skoonpa en seun wat my baie teleurgestel het ,met sy studies maar ek wil bid Here dat ek hom nie in my hart sal dra nie en hom sal vergewe my Meester want daardie geld kan ons weer maak Koning maar wil U nie asb vanand my kind se hand kom vat en hom los skeur van satan se bose planne,Here U weet deur watter krisis in nou gaan met ons werke Koning ek vra dat U ook elke gesin sal aanraak wat deur die moeilike tydperk gaan,Here Jesus ek weet dit wat ek gedoen het is nie reg nie my Koning maar wil U asb vanand my werk kom beskerm Here Jesus dat die persoon wat ookal daardie brief geskryf het my Koning sal weer besef dat dit nie die regte manier is om dinge so te doen nie,Here al waaraan ek kan klou is U beskerm my Koning,wil U ook vanand my man se hart kom aanraak Meester dat hy vergifnis in sy hart sal aanneem om sy kind te vergewe ,ek weet dat hy hom teleurgestel het ,maar Koning dus vir my as ma baie hartseer dat jou kind nie meer veilig by sy ouerhuis is nie,ek vra U hulp vanand my Meester U het my nog nooit teleurgestel nie,sal u asb die persoon aan my bekend maak Meester sodat U die regte pad met my sal loop ek vra nederig om verskoning Grootte God lei deur hierdie moeilike tyd asb ek vra dit nie omdat ek dit verdien of werd is nie maar in U Groot Naam ontwil……Amen.

    Like

  15. Here, ek kom na U toe in die Naam van die Vader. Here U sien hoe gaan dit, Here as dit U Wil is kan U asb vir my man die broodwinner n vaste betalende werk gee dan kan ons ons dak hou en kos op die tafel sit. Here ons soek nie weelde nie, net genoeg vir n dak en kos en U deel, asb Here. 8N Jesus Naam Alleen Amen

    Like

  16. Here ek bid vir my om weer mens te word – ek en my man is maats en nie soos dit moet wees huweliks maats – hy is n introvert mt gn vriende. Ons baklei oor dieselfd goed oor en oor wat tot weke se stilstuipe lei….. Gee my asb n uitweg na als – dis asof ek twee lewens lei – lag by werk en voorgee en in my kamer sit by die huis……… Here ons belofte is verbreek ook deurdat porno in ons huis ook als vernietig he so ook my mens wees………

    Like

  17. Here, ek vra dat U asb my huwelik sal red, seen, genees en herstel. Moet nie satan kans gee om my huwelik te vernietig nie. Here Jesus, gee ons die kans om ons huwelik te red, gee ons die krag en wysheid om mekaar se sondes te vergewe. Jesus, asb ek vra vir ‘n wonderwerk met my huwelik, herenig ons. Ek glo in U en ek glo dat U wonderwerke verrig. In Jesus naam AMEN

    Like

  18. Ek weet nie hoe moet ek alles se nie .ek glo in my GOD hesus christus en weet dat ons nooit sonder hom kan voort leef nie ,en weet wat hy alles vir ons doen. As ek bid voel dit so asof ek sukkel om woorde uit my mond te se sodat ek kan bid vir alles wat vir my belangrik is ,en dat god so ver is .ek wil bid en wil he dit moet voel asof ek voor sy voete op my kniee sit en vir hom dankie se .ek soek die nabyheid van god .ons gan deur baie moeilikhede en finansieel en sonder my god het ek geen hoop

    Like

  19. Liewe Jesus. Ek bid dat U my rustigheid bring. Ek voel verlore na ek my verloofde gelos het en uit getrek het…n wonderlike seuntjie van amper 5jaar agter gelaat het. Al is hy nie my bloed seuntjie nie mis ek hom verskriklik, het hom groot gemaak vandat hy n maand oud was! Sy Ma beweek aan om te date amper van die dag wat ek uit getrek het! Ek het uit getrek omdat ek vir jare probeer laat sy hulp kry vir die wrokke wat sy in haar hart dra en dat sy my niks liefde en aandag gee nie. Voel sy het my gebruik om seuntjie groot te maak. Liewe Heer help my asb om vervoer te kry sodat ek my werk kan bewaar, en ook om meskien seuntjie op te kan tel om bietjie by my te kuier. Moet ek in sy lewe probeer bly?, of moet ek maar weg breuk en nuwe begin vir myself maak? Hoor asb my gebed my Heilige Vader, ek roep na U antwoorde!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

The Life-Giver

%d bloggers like this: