Category Archives: #VREUGDE

Oproep tot ‘n tyd van vas en gebed vir die Verkiesing!


Die Oproep is vir almal wat deel wil wees (nie verpligtend nie).

Waarvoor vas en bid ons?

DIE 22ste APRIL 2009 STEM SUID AFRIKA
National Day of Prayer for elections
Tydens hierdie paar dae voor die verkiesing bid ons vir ons land, volk en nasie en spesifiek vir die verkiesing. Ons spreek God se wysheid, genesing, versoening en liefde uit oor ons land Suid Afrika.

NB! Die Here se vraag aan ons is:

KAN ‘n NASIE NA DIE HERE TERUGKEER?

Elkeen van ons moet bereid wees om ‘n verskil te maak in alles waarby ons betrokke is. Bid vir jou omgewing – werk, huis, woonbuurt, vriende, familie ens.

Gebed is een van die belangrikste elemente in die proses van transformasie.

Voorgestelde gebedstye:

  • Oggende (al is dit net vir 5 min.; indien moontlik 1 uur) Hand. 3:1
  • Middae (etenstye; 5 – 25 min.).
  • Aande (5 min. – 1 uur) Alleen of saam met jou familie.

Hou ‘n daaglikse dagboek van wat jy van die Here hoor en ervaar en leef dan in die seën daarvan.

Kom deel gerus met ons dit wat jy van die Here ontvang het.

Enjoying the Lord


I sometimes need to be reminded of the good things in life. This Psalm amplifies joy in the Lord and the life that He willingly shares with each one of His people…

Remember we are His Children!!!

It is good to give thanks to you, O LORD,
to make music to praise your name, O Most High.
It is good to announce your mercy in the morning
and your faithfulness in the evening
on a ten-stringed instrument
and a harp and with a melody on a lyre.

You made me find joy in what you have done, O LORD.
I will sing joyfully about the works of your hands.
How spectacular are your works, O LORD!
How very deep are your thoughts!

A stupid person cannot know
and a fool cannot understand
that wicked people sprout like grass
and all troublemakers blossom like flowers,
only to be destroyed forever.
But you, O LORD,
are highly honoured forever.

Now look at your enemies, O LORD.
Now look at your enemies.
They disappear,
and all troublemakers are scattered.
But you make me as strong as a wild bull,
and soothing lotion is poured on me.
My eyes gloat over those who spy on me.
My ears hear the cries of evildoers attacking me.

Righteous people flourish like palm trees
and grow tall like the cedars in Lebanon.
They are planted in the LORD’s house.
They blossom in our God’s courtyards.
Even when they are old,
they still bear fruit.
They are always healthy and fresh.
They make it known that the LORD is decent.
He is my rock.
He is never unfair.
(Psalm 92).

Vreugde!!


Ek het vandag gesit en wonder oor “vreugde”. Wat is vreugde?

Het jy al ooit gesien wat die krag is van vreugde? Het jy al gedink oor die inpak van vreugde in jou lewe?

Daar is ‘n energie, ‘n krag in vreugde wat jou oplig, ‘n lewensblyheid wat jou motiveer en jou inspireer in so ‘n mate dat dit jou amper aandryf. Jy voel lig en opgewonde, gereed om enige iets aan te pak. Daaglikse take word vinnige en maklik sonder moeite af gehandel. Jy het ‘n lus vir die lewe en alles om jou is wonderlik. Jy is meer oplettend en sien meer dinge om jou; Die blou lug is helderder, die plante groener, die mense vriendeliker en die lewe lekkerder…

Ja, vreugde is so kragtig en so wonderlik, jy kan dit tog nie weggee en niks oor hê nie, in teendeel ek dink as ‘n mens vreugde uitdeel dan word dit net meer en meer.

Maar hoekom verloor mens dit so maklik?
Hoekom is daar tye wat jy toelaat dat dinge, situasies en gebeure jou vreugde steel?
Hoekom is dit dan so moeilik om dit weer terug te kry?

Want die HERE vertroos Sion; Hy vertroos al sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en sy wildernis soos die tuin van die HERE; vreugde en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die klank van liedere.
(Jesaja 51:3.)

Jy moet eerstens leer om jou vertroosting in die Here te vind, daar vind jy dan vreugde wat soos vrugte hang aan die bome in Sy tuin.

 In elke vrug is daar saad, ook in die vrug van vreugde. Jy kan die vreugde geniet, maar moet dan ook die saad daarvan in jou eie tuin gaan plant, die tuin van jou hart.

En die ootmoediges sal vreugde op vreugde smaak in die HERE, en die behoeftiges onder die mense sal juig in die Heilige van Israel.
(Jesaja 29:19.)