Category Archives: #KIND VAN GOD

Die wetenskap en geloof!


Hierdie boek Science and the Mind of the Maker: What the Conversation between Faith and Science Reveals About God… handel oor hoe God ook sigbaar is in die wetenskap wêreld. Melissa, die skrywer het al jare se ondervinding om hierdie tema aan vandag se jongmense bekend te maak.

Ek beveel hierdie boek aan bloot omdat ek haar navorsing hiervoor gevolg het die afgelope paar jaar en ‘n waardering het vir die wyse waarop sy wetenskap en geloof bymekaar bring.

Daar was ‘n wetenskap prof by Potchefstroom universiteit gewees, ‘n hele aantal jare gelede, wat altyd vertel het van hoe mooi God se orde sigbaar is in die natuur en die wetenskap… Sulke mense help ons om te besef dat God steeds is wie Hy is, ‘n God van orde… So ook Melissa!

Lewe vir Sukses


Ek het baie gestoei met sukses. Wat is sukses?

Teen 25 jaar ouderdom moet jy getroud wees, ‘n motor en ‘n huis besit en ‘n volwaardige inkomste verdien.

Hierdie was die prentjie wat aan ons oorgedra was vanaf ‘n jong ouderdom. En die wat mooitjies hier in gepas het is daarvoor gerys en uitgewys as suksesvolle mense.

Maar, wat dan van die wat dít nie gemaak het nie? Was hulle dan onsuksesvol?

Stellig nie, want sukses is ‘n prentjie en elkeen moet sy of haar eie prentjie skilder. Jy kan nie iemand anders se prentjie vat en joune maak nie. Die vraag is dus “Wat is jou prentjie van sukses?”

Sommiges probeer om ‘n held, ouer of lewensmaat se prentjie uit te leef en voel dan lewensmoeg omdat dit nie vir hul werk nie. Ander het alles oor boord gegooi en lewe net om te oorleef of om daardie geldjie te maak vir die volgende stap.

Die gevolg hiervan is dat vrede en tevrede in die agtergrond begin verdwyn het en mens nie meer weet hoe om daar uit te kom nie. Verhoudings begin skade ly en niks voel goed genoeg nie, daar word altyd gestreef vir meer. Maar, meer van wat?

Ek vra weer, wat is jou prentjie van sukses?

Om suksesvol te wees, moet jy weet wat jy doen, lief wees vir wat jy doen en glo in wat jy doen (Will Rogers (1879-1935)).

Kan jy werklik sê wat sukses vir jou is? Dink jy jy is suksesvol?

Verken die land van die Hebreërs


1. Die bees van Rabbi Moses

Die pragtige naam van die lieweheersbeestjie
Wie hou nie van ‘n lieweheersbeestjie nie? Hierdie klein kewertjie is skatryk, skadeloos en doen eintlik baie goed deur giftige insekte te verwilder wat die gewasse bedreig. Die naam van die lieveheersbeestje in Hebreeus is Parat Moshe Rabbenu (משה רבנו) wat letterlik “die bees van ons Rabbi Moses” beteken. Alhoewel dit baie vreemd klink, maak hierdie naam eintlik baie sin. Soos Moses, is die lieweheersbeestjie nederig en beskeie. Soos ‘n bees is die lieweheersbeestjie ywerig en noodsaaklik vir produktiewe landbou.

2. Die storie agter die naam van die hottentotsgot

In baie tale word die hottentotsgot na verwys as ‘n “biddende mantis” as gevolg van die feit dat die voorbene in ‘n posisie is wat soos ‘n bidder lyk. In Hebreeus word dit Gamal Shlomo (גמל שלמה) genoem wat “Salomo se kameel” beteken. Hierdie vreemde naam verwys na die feit dat Koning Salomo in die Bybel tot God gebid het deur sy arms na die hemel uit te steek (1 Kon. 8). Hoekom ‘n kameel? Volgens ‘n midrash het Salomo sy koppige kameel gestraf deur hom in hierdie nederige insek te verander.

Die Bybel In Afrikaans


Ek ontvang baie navrae oor die Afrikaanse Bybel. Die Afrikaanse Bybel (Ou en Nuwe vertaling) is nie beskikbaar in excel of pdf formaat nie, weens kopiereg. Daar is wel ander formate beskikbaar:

Kliek hier vir: SELFOON BYBELS

Kliek hier vir: BYBEL OP JOU REKENAAR


 

 

Pray for Tshwane


For prayer points for our city go to https://mobile.twitter.com/praytshwane

World Day of Prayer 2019


March 1, 2019

For more information go to http://www.worlddayofprayeraustralia.org

Watch “The Most Surprising LIE on Earth – Full Documentary (2018)” on YouTube