All posts by Thomas

I love nature - and is even in-love with its Creator. I adore the life I share with Him and all the friends and family sharing it with me.

Lewe vir Sukses


Ek het baie gestoei met sukses. Wat is sukses?

Teen 25 jaar ouderdom moet jy getroud wees, ‘n motor en ‘n huis besit en ‘n volwaardige inkomste verdien.

Hierdie was die prentjie wat aan ons oorgedra was vanaf ‘n jong ouderdom. En die wat mooitjies hier in gepas het is daarvoor gerys en uitgewys as suksesvolle mense.

Maar, wat dan van die wat dít nie gemaak het nie? Was hulle dan onsuksesvol?

Stellig nie, want sukses is ‘n prentjie en elkeen moet sy of haar eie prentjie skilder. Jy kan nie iemand anders se prentjie vat en joune maak nie. Die vraag is dus “Wat is jou prentjie van sukses?”

Sommiges probeer om ‘n held, ouer of lewensmaat se prentjie uit te leef en voel dan lewensmoeg omdat dit nie vir hul werk nie. Ander het alles oor boord gegooi en lewe net om te oorleef of om daardie geldjie te maak vir die volgende stap.

Die gevolg hiervan is dat vrede en tevrede in die agtergrond begin verdwyn het en mens nie meer weet hoe om daar uit te kom nie. Verhoudings begin skade ly en niks voel goed genoeg nie, daar word altyd gestreef vir meer. Maar, meer van wat?

Ek vra weer, wat is jou prentjie van sukses?

Om suksesvol te wees, moet jy weet wat jy doen, lief wees vir wat jy doen en glo in wat jy doen (Will Rogers (1879-1935)).

Kan jy werklik sê wat sukses vir jou is? Dink jy jy is suksesvol?

Verken die land van die Hebreërs


1. Die bees van Rabbi Moses

Die pragtige naam van die lieweheersbeestjie
Wie hou nie van ‘n lieweheersbeestjie nie? Hierdie klein kewertjie is skatryk, skadeloos en doen eintlik baie goed deur giftige insekte te verwilder wat die gewasse bedreig. Die naam van die lieveheersbeestje in Hebreeus is Parat Moshe Rabbenu (משה רבנו) wat letterlik “die bees van ons Rabbi Moses” beteken. Alhoewel dit baie vreemd klink, maak hierdie naam eintlik baie sin. Soos Moses, is die lieweheersbeestjie nederig en beskeie. Soos ‘n bees is die lieweheersbeestjie ywerig en noodsaaklik vir produktiewe landbou.

2. Die storie agter die naam van die hottentotsgot

In baie tale word die hottentotsgot na verwys as ‘n “biddende mantis” as gevolg van die feit dat die voorbene in ‘n posisie is wat soos ‘n bidder lyk. In Hebreeus word dit Gamal Shlomo (גמל שלמה) genoem wat “Salomo se kameel” beteken. Hierdie vreemde naam verwys na die feit dat Koning Salomo in die Bybel tot God gebid het deur sy arms na die hemel uit te steek (1 Kon. 8). Hoekom ‘n kameel? Volgens ‘n midrash het Salomo sy koppige kameel gestraf deur hom in hierdie nederige insek te verander.

Die Bybel In Afrikaans


Ek ontvang baie navrae oor die Afrikaanse Bybel. Die Afrikaanse Bybel (Ou en Nuwe vertaling) is nie beskikbaar in excel of pdf formaat nie, weens kopiereg. Daar is wel ander formate beskikbaar:

Kliek hier vir: SELFOON BYBELS

Kliek hier vir: BYBEL OP JOU REKENAAR

OF

kidsxpress

  • Kinderbediening Hulpbronne
  • Uitgewerkte Programme
  • Interaktiewe Bybelstudies
  • Bybellesse
  • Liedjies
  • Hulpmiddels

 

 


 

 

Pray for Tshwane


For prayer points for our city go to https://mobile.twitter.com/praytshwane

World Day of Prayer 2019


March 1, 2019

For more information go to http://www.worlddayofprayeraustralia.org

Watch “The Most Surprising LIE on Earth – Full Documentary (2018)” on YouTube


My Ewige Versorger


Die Ewige God sorg altyd vir my. Hy gee my rus in vrugbare, groen weivelde, langs strome van verfrissende water.
Hy verwyder my vrese;
Hy maak my weer heeltemal heel en lei my van harde, moeilike paaie na paaie waar waarheid en geregtigheid sy Naam laat weergalm.
Selfs in die altyd teenwoordige skuilings van die duisternis en dood, word ek nie deur vrees oorwin nie. Want in daardie donker oomblikke is Hy by my om my te beskerm en te lei. Ek is vertroos.
Hy het ‘n tafel voor my uitgestrek,
voorsiening in die middel van my vyande wat my aanval;
Hy gee om vir al my behoeftes, Hy salf my met geurige olie, en Hy vul my beker weer en weer met Sy genade.
Verseker sal Sy getroue beskerming en liefdevolle voorsiening my volg oral waar ek gaan, ja, altyd en oral. Ek sal altyd by die Ewige wees, in Sy huis vir ewig.
(Verwerking van Psalm 23).