All posts by Thomas

I love nature - and is even in-love with its Creator. I adore the life I share with Him and all the friends and family sharing it with me.

Wat doen ons met die seer?


traan

Ons vergeet maklik dat God in beheer is en word dan so maklik gefrustreerd met die lewe om ons. Elke teleurstelling en teëspoed word vir ons ‘n irritasie omdat dit nie volgens ons plan uitgewerk het nie. Ons verwag te maklik dat alles om ons lewens draai en dat ons so graag ‘n sukses wil wees, maar wat beteken sukses nou werklik?

Ek was vandag weer herinner aan ‘n storie “The Tablecloth” waar een persoon se teleurstelling en goddelike ingryping ander mense se lewens geraak het. Ek dink net dat ons elke nou en dan moet besef dat die lewe nie oor ons suksesse gaan nie, maar oor God se plan vir ons lewens en hoe dit ander mense beïnvloed. Ons fokus ten opsigte van hierdie waarheid bepaal hoe ons teenoor ander mense sal reageer wat naby ons is op daardie oomblik as gevolg van ‘n spesifieke gebeurtenis. God gebruik dit om ons lewens te verryk en so ook ander mense wat dit nog meer nodig het. Daar was ‘n artikel geskryf, “What do we do with suffering“, deur Jay Adams wat ook meer lig hier op werp.

Mag ons Here en Verlosser vir ons oop oë gee in situasies soos hierdie, sodat ons Hom vir ander mense kan wys.

Volmaaktheid


Om volmaak te wees is eintlik so maklik, maar ons wil nie ons emosies en gevoelens laat gaan nie. Ons het afgode gemaak van dit alles en hou styf vas aan hierdie dooie dinge asof ons lewens daarvan afhang. Ons moet vergewe en vergeet, pyn, vrees, hartseer, haat, frustrasie en woede laat gaan, maar ons glo ons kan nie. Dit is wel die grootste leun ooit, want ons liefdevolle God het en wil ons vry maak van dit alles.

washing of the word

Lees gerus die volgende verse hoe God vir ons dit doen.

Maar wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van die wassers.
MALEÁGI 3:2 AFR53

Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig. En Ek sal julle ’n nuwe hart gee en ’n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ’n hart van vlees gee. En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.
ESÉGIËL 36:25‭-‬27 AFR53

Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede. Skep vir my ’n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ’n vaste gees.
PSALMS 51:11‭-‬12 AFR53

Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.
JOHANNES 15:3 AFR53

… soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord,
EFÉSIËRS 5:25‭-‬26 AFR53

Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het — nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser; sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.
TITUS 3:4‭-‬7 AFR53

Ons is dus skoon gewas deur dit wat Jesus vir ons gedoen het en word in staat gestel om alles wat nie van God af is nie te oorwin…

Holy Truths


Van Woord tot Woord


BYBEL-WOORD1

God het deur Esegiël gesê:

Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig. En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.
(Esegiël 36:25-27)

Paulus het weer aan die Korintiërs geskryf:

Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
(2 Korintiërs 5:17)

Jesus het weer gesê:

…Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
(Johannes 10:10)

Wat behels hierdie nuwe lewe?

Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
(Galasiërs 2:20)

Hierdie lewe is nog steeds iets wat ons nie werklik verstaan nie. Hoe en wanneer gaan ons by die plek kom waar hierdie nuwe lewe volkome begryp en verstaan word?

Rebecca het geskryf oor hoe ons moet vasklou aan God se woord en die volgende sê:

Ek het as onderwyser elke jaar ‘n student gehad as my onderwysassistent, onvermydelik het daar dus elke nou en dan iemand nuut begin. Wanneer ek ‘n nuwe persoon ‘n taak of opdrag gegee het, het ek gevoel dat ek die werk vinniger, meer doeltreffend en meer na my smaak sou kon doen. Natuurlik hoe langer die persoon saam met my gewerk het, hoe beter het sy gevaar. Ek gebruik hierdie nou as ‘n illustrasie van hoe God ons toelaat om saam met Hom te werk en Sy opdragte uit te voer. Hy kan dit natuurlik baie beter doen, maar dit is tot ons voordeel dat ons Sy werk doen. So geniet ons die seën wat daar is om Hom te dien en word ons ook meer en meer soos Hy.

Ons het nodig om saam met God te werk, tyd met Hom te spandeer en in Sy teenwoordigheid word ons dan meer en meer soos Hy.

…maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem. Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.
(2 Korinthiërs 3:16-18).

Jesus is die Woord en ons moet ook groei en verander om God se woord te word in die plek en situasies waarin ons ons bevind.

LIVING ABOVE THE LAW


freedom

Paul said in the Bible that when we accept Jesus Christ that we are no more under the law. If not under the law we are above the law.

Law was the taskmaster until we knew and accepted the law. We are therefore above the law, walking upon it as a guiding path. We will stay above the law until we break the law and place ourselves under the weight of the law. We will then suffer the consequences of breaking the law, guilt ridden and filled with confusing emotions like fear, anger and hatred.

Thus, to live truly above the law you need to know the law very well in order not to break it. This is called “FREEEEEDOM”!

Die Belangrikheid van Gemeenskap


Ons land se reëls en regulasies is so min Suid Afrikaans as wat jy kan kry. Die opstellers daarvan was internasionaal en het geen idee gehad wat Suid Afrikaans is nie. Ek voel dat Suid Afrikaans tog in onsin weerspieël moet word, al is ons ‘n redelike nuwe Suid Afrika.

Ek het lank terug gesê dat iemand ‘n boek moet skryf getitel “Hoekom ubuntu Suid Afrika verlaat het saam met apartheid”. Ubuntu is ‘n Afrika term vir ‘n kwaliteit wat die noodsaaklike menslike deugde insluit soos deernis en menslikheid. Dit kommunikeer die belangrikheid van gemeenskaplike verhoudings, respek, gemeenskap, waardes en verantwoordelikhede netjies verpak in godsdiens. Dit verteenwoordig eenheid, want ‘n persoon is slegs ‘n persoon deur die gemeenskap. Dit beteken dat die gemeenskap jou ouer, leermeester, vriend en ondersteuning is. Ja, en daar is dit, ons mense soek vryheid om te doen wat hulle wil en hoe minder reëls en regulasies daar is hoe beter, hul wil nie deur ander iets geleer of gesê word nie. Ek verstaan ware vryheid as volle kennis, aanvaarding en besitneming van die reëls en regulasies. Vrees en frustrasie kom waar hierdie ware vryheid ontbreek.

As Christene word ons geroep tot ubuntu – Jesus en Paulus het baie gepraat van die gemeenskap van gelowiges. Ons moet as een liggaam kan funksioneer en Jesus as ons hoof kan aanvaar, respekteer en gehoorsaam. Ubuntu is dalk ‘n Afrika term, maar dit kom vanaf die Joodse leringe wat na Etiopië versprei het gedurende die tyd wat Salomo koning van die Jode was. In latere jare het dit verder en verder suid versprei tot in Suid Afrika en Lesotho.

Ek was bevoorreg gewees om in die platteland groot te word waar gemeenskap belangriker was as in die stad en het geleer van die rol wat gemeenskap speel. Ons is almal aanmekaar gekoppel, die een aan die verbind. Ek sê altyd aan my leerders dat dit wat jy in die donker onder jou bed doen jou verhouding met ander om jou beïnvloed.

gemeenskap

Gemeenskap is belangrik en huidiglik wil niemand dit erken nie, maar dit is besig om meer en meer uit te rafel, huisgesinne val uitmekaar en meer kinders as ooit vantevore raak verlore in die samelewing (of is dit nou alleenlewing). Ek besef dat die hele samelewing nie ‘n perfekte eenheid kan vorm nie, maar as kinders van God kan ons daarna streef. As elkeen van ons ons verhouding met God as die belangrikste in ons lewens beskou sal dinge reeds verander. Wanneer ons by God wil wees, Hom wil aanhang, afhanklik van Hom wil wees, lief vir Hom wil wees, Hom wil geniet, Hom wil behaag, dan het ons Hom lief met ons hele wese, bly ons in Hom, bly ons in Sy liefde, bly ons in Christus en is ons vervul met Sy Gees (geïnspireer deur Rebecca se skrywe). Omdat God ‘n hart het vir alle mense glo ek dat sosiale geregtigheid binne-in ons liefde vir God verborge is. Dus gee ons om vir ander mense, die vernederde, die verlore, die uitgelate, ons naaste, omdat ons God liefhet. Hierdie liefde word dan ook deur ons dade en woorde sigbaar. Sodoende kan ons die gemeenskap herstel wat besig is om uitmekaar te val.

Matthéüs 22:34-40, Johannes 15:7

Augustus maand se stormwinde


boom-wind

Ek was van plan om ‘n skrywe te plaas oor Augustus maand se stormwinde. Dit was emosionele, geestelike, finansiële, siekte en ook ander storms wat ons deurmekaar gewaai het. Dit was ‘n moeilike en uitputtende maand…

En hulle het na Hom gegaan en Hom wakker gemaak en gesê: Meester, Meester, ons vergaan! Hy staan toe op en bestraf die wind en die watergolwe, en hulle het bedaar en daar het ‘n stilte gekom (Lukas 8:24).

Inplaas van fokus op die stormwinde moet ons fokus op Hom wat die stormwinde stilmaak en alles om ons laat bedaar. Ons moet Hom toelaat om in elkeen van hierdie situasies in te kom en ons moet Sy rus en vrede aanvaar ten spyte van dit wat ons waarneem. Deur geloof kom daar dan stilte, waar die stormwinde bedaar en ook die nagevolge van die storms herstel.