Mense Van Die Weg


Jesus_is_the_way

Die eerste gelowiges was mense van die weg gewees, Jesus was hul weg. Alles was volkome in Hom en Hy was hulle lewe. In Hom, deur Hom en tot Hom is tog alle dinge (Kolossense 1:16) en sonder Hom is al hierdie dinge niks nie.

Christene het nie net geloof in Christus nie; hulle lewe is in Hom. Soos die wortel in die grond, die tak in die wingerdstok, die vis in die see, die voël in die lug, so is die plek van die Christen se lewe in Christus (Francis Foulkes).

Ons moet in Hom teenwoordig wees. Hoe kom ons daar, en hoe vertoef ons daar?

Paulus het dit so verduidelik: “want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons…” (Handelinge 17:28). In Johannes (15:9-10) lees ons dat die wat in Jesus se woorde en liefde bly die is wat (Johannes 8:31) , deurweek is met Hom en Sy gebooie onderhou. Jou hele lewe is ‘n toewyding aan Jesus, jy streef daarna om Jesus vir ander te wees deur ander om jou te hanteer, sien en te help soos Jesus die mense om Hom gehelp het.

Ware verhouding met Jesus is dus om Hom in ons lewens te ontvang en Hom toe te laat om so groot plek as wat Hy wil in te neem (Johannes 1:12). Ons mag nie ‘n stukkie van onsself van Hom weerhou nie, ons moet Hom ontvang vir wie Hy is. Hy is holisties in verhouding en wil jou hele wese oorspoel, liggaam, siel en gees.

God was vasbeslote om sy geestelike rykdom en heerlikheid met ons te deel, in Christus. Jesus Christus is die middel punt van God se plan. Wanneer ons in Hom glo, stel sy dood ons vry, ons word vergewe, ons kan nou ook deel hê in Sy nuwe, opgestaande lewe. Ons is een met Hom, deel van Hom en ons deel in God se wonderlike plan, wanneer ons tot sy heerlikheid lewe, totaal oorgee aan Jesus.

Ons moet op die voorfront van verandering wees om sodoende verandering te lei…. deur …geloof wat werk deur liefde (Galasiërs 5:6b), want volkome gehoorsaamheid is die vrug van geloof en liefde in God.

… gehoorsaamheid is beter as offergawes of lof (1 Sameul 15:22).

Diegene wat oorwin, sal die belofte van die hemel beërwe (Openbaring 2).

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s