God Se Blywende Woord


Deur Terria Moore | November 2, 2018 | Beloftes Van God

Toe ek my lewe aan die Here oorgegee het, het ek geen idee gehad hoe belangrik die Bybel is nie. Op daardie stadium het ek net ‘n paar van die Tien Gebooie geken. Ek het toevallig na ‘n kerk gegaan wat aanbidding ver bo enige Bybelonderrig gestel het. Dus het ek vir baie lank geglo dat die Bybel ‘n boek van reëls was.

Toe God begin om Homself aan my te openbaar, het Hy hierdie onversadigbare honger en dors om Hom te ken, aangewakker. Kerk alleen was nie genoeg om my te voed nie. Aanbidding alleen was nie genoeg om Hom te bereik nie.

Wie was hierdie Almagtige God wat my volkome geken en my onvoorwaardelik liefgehad het? Wat het Hy van my begeer? Waar was my plek in die wêreld? Hoekom was die lewe so moeilik? Hoe sal my lewe verander nou dat dit vasgehou word in sy liefdevolle hande?

As ek antwoorde nodig gehad het, het die Heilige Gees my na God se Woord, die Heilige Bybel gelei.

Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegrus sal wees vir elke goeie werk. – 2 Timoteus 3:16-17

Die Bybel is soveel meer as ‘n boek van reëls, ‘n selfhelpgids of ‘n ensiklopedie van feite oor God en sy mense. Dit is God se lewende, goddelike openbaring van Homself aan menslike wesens. In 66 boeke vertel dit van sy groot plan van verlossing vir die mensdom deur sy Seun, Jesus Christus.

Wat ek nie aan die begin van my geestelike reis met God geweet het nie, was dat om God werklik te ken, moet ek sy Woord ken. Om God deur die Bybel te ken, beantwoord ons diepste behoeftes en die lewe se moeilikste vrae.

  • Om God deur die Bybel te ken versterk ons geloof in God en lei ons om aan sy beloftes vas te hou.
  • Om God deur die Bybel te ken verander ons visie van ons aardse en geestelike lewens. Maar mees belangrikste, om God deur die Bybel te ken, wys vir ons Jesus, die Woord van God wat mens geword het.

Dit verbaas my altyd om te hoor dat die Bybel vir eeue, jaar na jaar, die topverkoper boek van alle tye is. Die Bybel is geskryf oor ‘n tydperk van 1500 jare, met meer as 40 God-geïnspireerde skrywers wat uit verskillende tydperke, beroepe, etnisiteite en agtergronde gekom het. En tog is die Bybel blywend.

Ongeag van die tyd, kultuur, politieke veranderinge, sosiale norme, geestelike diversiteit of filosofiese teorieë… God se Woord is blywend. God se Woord is net soos Hy is… altyd waar, foutloos, toepaslik, onveranderlik en vas. In ‘n wêreld wat konstant verander, sal gelowiges altyd ‘n onveranderlike konstante hê – God en sy Woord.

Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. – Hebreërs 4:12

Ons lees die Bybel sodat ons God se hart kan verstaan, om ‘n intieme en ware ontmoeting emet Hom te hê en uiteraard meer soos Hom te word.

Ons lees die Bybel om God se krag te verkry. God se Woord is die wapen wat ons gebruik om versoeking, sonde en ons struwelinge in hierdie gebroke wêreld te oorkom. Dit is die krag wat ons gedagtes, ons gesindhede en ons gedrag vernuwe.

Ons lees die Bybel want dit is ons lig in hierdie donker, gebroke wêreld. Dit lei ons na God en sy weë wanneer alles rondom ons chaoties en bleek is.

God se Woord maak ons pad duidelik en sal al ons keuses en besluite akkuraat lei. Die onfeilbare manier om God in die gebrokenheid van hierdie lewe te vind, is om sy Woord oop te maak.

Ons is deur God geskape, vir Hom. Maar ons moet sy Woord ken sodat ons Hom kan ken. Om God intiem te ken, maak die belegging in tyd, energie en opoffering om sy Woord te lees en te bestudeer, die moeite werd.

God se Woord sal ons nooit faal nie, want God faal ons nooit nie.

God se Woord is blywend, want God is blywend.

Hoe kan ons vir jou bid soos jy God se leiding en wysheid in sy Woord soek?

Vrede en genade vir jou,

One thought on “God Se Blywende Woord”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s