Kom Laat Ons Dit Verklaar…


Waar is jou fokus? Is dit op God of iets anders?

Ons sien wat rondom ons gebeur en is nie blind nie, maar gebeure en situasies moet nie ons wee, denke en besluite bepaal nie. Jesus is ons fokus en ons moet ons oë op Hom vestig, want Hy is die Begin en die Voleinder van ons geloof. Deur ons geloof moet ons verklaar dat God goed is en dat Hy goeie planne vir ons land het. Ons moet nie sit en wag vir dinge om te gebeur nie, maar goddelike waarheid oor ons land en wêreld spreek. Verklaar God se liefde en geregtigheid oor onsself, ons land en almal wat in leier posisies sit. God se weë is altyd in liefde en geregtigheid, goedertierenheid en trou. Ons moet dus Sy liefde en waarheid uitleef en verklaar.

Soms is dit nodig dat ons moet afstand doen van sekere dinge, dit ook rou en dan weer vorentoe beur. Laat dan dit wat verby is in die verlede en plaas al ons tyd, krag en energie in die nuwe. Dawid het gesing van die Herder wat ons deur die dal van dood skaduwee lei. Dus moet ons nie kamp opslaan by dit wat dood is, verby is en ons mag terug hou nie, maar toelaat dat ons Goeie Herder ons lei.

Ons kan dus op ‘n daaglikse basis verklaar dat liefde en geregtigheid gevestig word in ons land. Ons kan dus ook verklaar dat alle ongeregtigheid, valsheid en bedrog ons land sal verlaat om plek te maak vir goedertierenheid en trou.

Kom ons bou ons land op in die wil en waarheid van God en hou op om vas te kyk in die werke van die duiwel. Laat ons nie reageer uit vrees en teleurstelling nie, maar laat ons regeer met Jesus wat ons lei.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s