Lewe vir Sukses


Ek het baie gestoei met sukses. Wat is sukses?

Teen 25 jaar ouderdom moet jy getroud wees, ‘n motor en ‘n huis besit en ‘n volwaardige inkomste verdien.

Hierdie was die prentjie wat aan ons oorgedra was vanaf ‘n jong ouderdom. En die wat mooitjies hier in gepas het is daarvoor gerys en uitgewys as suksesvolle mense.

Maar, wat dan van die wat dít nie gemaak het nie? Was hulle dan onsuksesvol?

Stellig nie, want sukses is ‘n prentjie en elkeen moet sy of haar eie prentjie skilder. Jy kan nie iemand anders se prentjie vat en joune maak nie. Die vraag is dus “Wat is jou prentjie van sukses?”

Sommiges probeer om ‘n held, ouer of lewensmaat se prentjie uit te leef en voel dan lewensmoeg omdat dit nie vir hul werk nie. Ander het alles oor boord gegooi en lewe net om te oorleef of om daardie geldjie te maak vir die volgende stap.

Die gevolg hiervan is dat vrede en tevrede in die agtergrond begin verdwyn het en mens nie meer weet hoe om daar uit te kom nie. Verhoudings begin skade ly en niks voel goed genoeg nie, daar word altyd gestreef vir meer. Maar, meer van wat?

Ek vra weer, wat is jou prentjie van sukses?

Om suksesvol te wees, moet jy weet wat jy doen, lief wees vir wat jy doen en glo in wat jy doen (Will Rogers (1879-1935)).

Kan jy werklik sê wat sukses vir jou is? Dink jy jy is suksesvol?

3 gedagtes oor “Lewe vir Sukses”

  1. Toe ek hierdie feit van Moses geleer het, het ek skielik moed gekry. Ek wou altyd graag groot dinge vir die Here doen, maarhet baie keer gevoel ek misluk. Tot ek besef het dat God sommige mense eers moet voorberei vir die taak wat Hy in gedagte het. Ek moes ook leer om eers in die klein dingetjies getrou te wees, dan kan Hy my vir groter goed gebruik.

    Liked by 1 person

  2. Ja, dit is so waar! Om ‘n ouderdom of tydperk vas te maak beperk mense en veroorsaak dat sommiges moedeloos word. Sukses is meeste van die tyd persoonlik en is gebaseer op wat jy self glo en wil bereik.

    Liked by 1 person

  3. Party mense behaal vroeg in hulle lewe sukses, ander mense ontwikkel weer later. Kyk vir Moses, God het hom eers vir 80 jaar voorbrei vir die massiewe taak wat hy moes doen. Ek dink ek is ook ‘n laat ontwikkelaar en dis of al die jare se werk aan myself, nou eers volwassenheid bereik en of God my ook eers moes voorberei vir wat Hy vir my beplan het.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s