Welgevallige offer


Wat is ‘n welgevallige offer? Ons mense is misvormd a.g.v. sonde, maar misvormde offers word wel deur God aanvaar as dit ‘n vrywillige offer is.

As vrywillige gawes mag julle wel beeste of kleinvee met misvormde liggaamsdele offer… (Levitikus 22:23.)

Dus moet elkeen vrywillig na God gaan, niemand moet gedwing word nie anders is dit nie ‘n aanvaarbare offer vir God nie. Elkeen van ons moet ons eie sonde na Hom toe neem, vrywillig en met vrymoedigheid… (Hebreërs 4:15-16)

Ons nader tot God nie slegs deur vrees, moedeloosheid, teleurstelling en berou nie, maar eintlik omdat ons Sy ontferminge ken, beleef en vertrou. Ons kan dus met vrymoedigheid tot God nader wetende dat Hy alles ten goede sal laat werk.

EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer — dit is julle redelike godsdiens (Romeine 12:1 (AFR53)) .

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s