Wat het Vergifnis ten doel?


Toning van berou is slegs ‘n gedeelte van die situasie. Die probleem is dat berou toning deur die oortreder in baie opsigte die fokus geword het. So het die hoof doel van vergifnis verlore geraak. Vergifnis het nie werklik te doen met berou of nie berou nie. Ook nie met straf of nie straf nie, want vergifnis het vryheid ten doel. Ons moet vry wees van die wêreld se hou vas op ons en dit kan slegs gebeur deur vergifnis. Ons moet tot God gebind wees en so min as moontlik ander verbindings hê, veral dit wat ons van God af weg hou.
Negatiewe emosies kan ook ‘n binding word wat jou bind tot ‘n spesifieke plek, situasie, persoon en /of tyd. Hierdie binding kan jou of na God toe dryf of jou van God af weg hou. Enige iets wat baie van jou tyd in beslag neem is mos vir jou belangrik. Indien dit jou verhouding met God of ander benadeel is dit nie goed nie. Baie negatiewe emosie word afgode omdat dit so belangrik word dat daar nie meer plek in jou lewe is vir enige iets anders nie. Jou lewe draai om en om hierdie emosies en die mense en situasies wat dit veroorsaak het. Dít verteer jou. Daar is dan niks anders vir jou oor nie net die pyn, haat, vrees of wat ook al die negatiewe emosie(s) is.
Vryheid, rus en vrede kan slegs gevind word in vergifnis, maar om te wag vir ‘n “askies” of berou sal dié afgod net groter maak.

vergifnis

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s