Is Vergifnis Voorwaardelik Of Onvoorwaardelik?


vergewe_2

Daar was ‘n paar mense wat geskryf het oor vergifnis en die oor en weer geskrywery het ‘n interessante vraag gevra “Is vergifnis afhanklik van die berou van die oortreder?” As vergifnis onvoorwaardelik is dan is die kort antwoord, Nee. As vergifnis voorwaardelik is dan is die kort antwoord, Ja.

Dus is die korrekte vraag ‘Is Vergifnis Voorwaardelike Of Onvoorwaardelike

Rebecca Miller skryf ‘n lang verduideliking oor wat sy glo, maar waar dit op neerkom is dat as God se vergifnis onvoorwaardelik is, so ook moet ons vergifnis onvoorwaardelik wees.

Jesus se woorde aan die kruis was dat Vader God die mense moet vergewe, want hulle weet nie wat hulle doen nie. Waar is die berou, veral as die mense te onnosel was om te weet wat hulle doen?

Ons mense weet nie alles nie en ken nie alles nie en verstaan nie alles nie, tog dink ons so. Dus glo ons dat ons besluite korrek was want ons het ingeligde besluite geneem. Ons sien nooit die volle prentjie nie, behalwe as God dit aan ons openbaar. Hoe kan ons dan waag om te verwag dat vergifnis voorwaardelik moet wees. Baie van die skrywers oor hierdie onderwerp se basis van hul saak is dat ons moet vergewe soos God vergewe. Hulle beweer dat God se vergifnis soms voorwaardelik is en soms on voorwaardelik.

Wat dink jy, is dit onvoorwaardelik?

Is daar voorwaardes om God se vergifnis te kan ontvang of ervaar?

One thought on “Is Vergifnis Voorwaardelik Of Onvoorwaardelik?”

  1. Ek dink God se vergifnis is onvoorwaardelik want Jesus het aan die kruis gesterf vir die sondes van die wêreld en soos Romeine dit verduidelik was ons nog sondaars gewees… Jesus het nie eers gewag vir mense om berou te toon voordat Hy bereid was om vir hul te sterf nie. Ons mense het dus gee deel daarin gehad dat ons nou vry gekoop is deur Jesus se bloed nie, behalwe as jy dink dat ons sonde ‘n bydra kon gelewer het.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s