Vrees van Vergifnis


Ons is maar bang vir vergifnis want eintlik wil ons hê dat daardie persoon wat my so seer gemaak het moet “SUFFER”. Maar dit is so waar wat Terria hier op LiefGodGrootliks geskryf het:

Ek is ‘n stil meisie wat nog altyd ‘n stil lewe begeer het. Ek hou van sekerheid en stabiliteit. Ek hou van ‘n lewe sonder drama, konflik en chaos. Die reëls was vroeër eenvoudig. Moenie met my mors nie, en ek sal nie met jou mors nie.

Maar om weergebore te word in God se familie, verander dit alles. Omdat die wêreld my Vader haat, haat die wêreld my ook. Ek is nou ook deel van die ewigdurende geestelike oorlog wat fel woed vir elke siel van hierdie wêreld. Of ek kies om te veg of nie, die geveg kom na my toe.

Hierdie geestelike oorlog waarin ons almal is, kom in die vorm van verraad, verwerping, hartseer en pyn. Ek het baie vriende verloor en baie vyande gemaak.

Vanweë Sy groot liefde, volhard ek.

Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie. – Romeine 12:21

Een van die lesse uit die Bybel wat vir my die moeilikste is, kom uit Romeine 12. Hierdie hoofstuk is ‘n meersterklas in praktiese Christenskap en demonstreer die ware kenmerke van diégene wat Jesus volg. Ons verse vandag vertel ons om “die kwaad deur die goeie te oorwin.” Hoe lyk dit om die kwaad te oorwin?

Seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie – Romeine 12:14

“Vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense; as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here. As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop.” – Romeine 12:17-20

Selfs terwyl ek hierdie verse lees, klem my lippe styf opmekaar. Ek kan voel hoe my hart begin verhard en die mure rondom my hart hoër begin word. Ek dink aan diegene wat my liggaam ontheilig het; diegene wat my verstand gemanipuleer het; diegene wat opsetlik my siel verpletter het. Om my vyande te vergewe. Om vir hulle te bid. Om hulle te seën. Dit voel té moeilik. Té swaar. Té skrikwekkend.

Om heeltemal eerlik te wees, ek het lippehulde gebring aan hierdie verse. My weergawe van om my vyande te seën, was om hulle heeltemal uit my gedagtes uit te sit, apaties te wees oor hulle bestaan, en hulle soos die plaag te vermy. Met God is neutraliteit nie ‘n opsie nie. Jy het óf lief soos God liefhet, of dit is glad nie liefde nie!

Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet julle vyande liefhê en goed doen aan die wat julle haat. Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig. Aan hom wat jou op die wang slaan, moet jy ook die ander een aanbied; en aan hom wat jou bo-kleed neem, moet jy ook die onderkleed nie weier nie. – Lukas 6:27-29

Ek moet vir julle vertel, vriendinne, hierdie verse maak my bang. Vergifnis maak my bang. Ek weet dit is reg. Ek weet dat God dit beveel. Ek weet dat vergifnis God se seëninge, sy vrede en sy vreugde sal voortbring. En ek het waarlik al daardie dinge nodig. Ek wil regtig vergewe. Maar ek sukkel.

In werklikheid het my stryd om te vergewe sommige vrese openbaar wat ek nie eers geweet het ek gehad het nie:

Ek is bang om my hart ten volle oop te maak vir die gevaar van nuwe pyn, nuwe hartseer en teleurstelling.
Ek is bang dat as ek vergewe, ek gesien sal word as swak en dat ek meer disrespek en skande sal uitlok.
Ek is bang dat as ek onbaatsugtig te veel weggee, sal daar minder liefde vir myself wees.
Ek is bekommerd dat ek nie opgewasse is vir die taak van vergifnis nie… dat ek nie “geestelik” genoeg, gedissiplineerd genoeg of goed genoeg is om vir God gebruik te word nie.
Maar God is so getrou. Hy plant homself in die middel van my vrees en ontbloot hierdie leuens so helder met Sy lig dat net Sy waarheid staande kan bly.

En as julle dié liefhet wat vir julle liefhet, watter dank het julle? Want die sondaars het ook dié lief wat vir hulle liefhet. En as julle goed doen aan die wat aan julle goed doen, watter dank het julle? Want die sondaars doen ook dieselfde. – Lukas 6:32-33

Hierdie is God se waarheid: Jy en ek word nie gedefinieër deur wat met ons gebeur het nie;nie deur die pyn wat ons ervaar het nie, nie deur die teëspoed wat ons verduur het nie, nie deur die vrese wat ons nog steeds in die gesig moet staar nie. Ons word net geïdentifiseer as die vergewe dogters van die Koning van die heelal!

Omdat ons Sy dogters is, vereis God se wil vir ons lewens dat ons liefhet totdat dit seermaak.

Ek wil hê dat my lewe ‘n “sondelose” sone moet wees. Nie net vry van my eie sonde nie, maar ook vry van die sonde wat teenoor my gepleeg is. Ek het nie besef dat deur te weier om te vergewe, ek besig was om hulle sonde diep in my hart en verstand te bewaar nie.

Hulle sonde (waaraan ek koppig in onvergifnis vasgehou het) was besig om vrot vrugte in my lewe te produseer, wat nie net vir my nie, maar oor my man en kinders skade berokken het. Die enigste keuse wat ek gehad het was om God toe te laat om dit te ontbloot en uit te sny, en alle chirurgie is pynlik.

Wanneer ek sukkel om te vergewe, leer God my om te staan in die posisie van outoriteit waarin Hy my geplaas het…om ferm, trots en dapper te staan. Om diep lief te hê en te skyn soos niks anders nie. Dit sou beledigend wees om weg te krimp van die oorvloedige liefde wat God aan my en deur my beloof.

Dit is moeilik, maar Hy is dit so werd.

God begeer om Sy dogters kragtig te gebruik om hierdie wêreld se groot euwel met Sy liefde te bestry. Ons is Sy hedendaagse bonatuurlike superhelde! Omdat ons God groter is as enige euwel, sal ons liefde harder praat as enige euwel.

Ek onthou dit wanneer ek geroep word tot ‘n liefde wat seermaak. Ek onthou dit en hou styf aan Jesus vas. Ek is ‘n stil meisie, maar ek het luidrugtig lief!

Kom ons gesels: Is jy bang of angstig om jou vyande lief te hê en vrylik te vergeef? Hoe kan ons vir jou bid soos jy kwaad met die goeie oorwin?

Genade en vrede vir jou,
Deur Terria Moore | April 11, 2018 | Vrees en Angs

One thought on “Vrees van Vergifnis”

  1. Dit is die waarheid! En van iemand wat ook ‘n pad met vergifnis gestap het kan ek verseker dat die vryheid en beloning daarvoor reg uit die Here se Hand is.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s