Daar is troos wanneer ons ons menslikheid heelhartig aanvaar


Het jy al ooit van ‘n ander lewe gedroom? ‘n Lewe wat minder ingewikkeld is, met minder pyn, bekommernisse en stres.

Ons moet maar onthou dat ons net stof is …

Want hy ken ons raam; Hy onthou dat ons stof is (Psalm 103: 14).

Ons het in ‘n Bybelstudiegroep gepraat oor “Christus ons trooster”. God troos ons in pyn, vrees, armoede, teleurstellings …

Ek het besef dat ons nie ons menslikheid met totaliteit aanvaar nie. Ons wil sterk en kragtig wees in alles wat ons doen, maar selfs Dawid het gesê dat God onthou dat ons net stof is. Jy moet jou eie menslikheid en ook ander sin aanvaar … Dit is dat ons swak en beperk is, nie in staat is om te dra, uit te voer en te gee wat die lewe daagliks van ons eis nie. Jy mag dalk aanstoot neem en glo dat jy dit alles kan doen, maar kán jy werklik?

Omdat Jesus versoeking ervaar het toe hy gely het, kan hy ander help wanneer hulle versoek word (Hebreërs 2:18).

Ons het ‘n God wat weet en verstaan wie ons werklik is. Ons wil sterk wees en hierdie daaglikse lewe as oorwinnaars lewe, maar ons sal misluk as ons ons menslikheid vergeet.

Die brief aan die Filippense gee ons ‘n blik op die menslike swakhede, die heelhartige aanvaarding daarvan en die wete dat ons heeltemal afhanklik is van ‘n God wat ons swakhede nog beter as onsself verstaan.

Is jy bereid om jou menslikheid in totale afhanklikheid van God te erken?

Die mensdom moet die waarheid besef – ons is nie so sterk en onoorwinbaar soos ons dink ons is nie …

Toe ek bekommerd was oor baie dinge, het U dit vir my verander en U het my bly laat word (Psalms 94:19).

Niks kan ons beter troos nie as die helder wete dat ons, in die midde van ons ellende, deur die God van Liefde vasgehou word – Johannes Calvyn.

‘n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Here, ek is in diep water, ek roep en ek vra dat U my moet help. My Here, U moet hoor, U moet luister, ek soebat en ek vra dat U my moet help. Here, as U aangehou het om te dink aan die sondes wat mense doen, Here, wie sou dan nog kon lewe? Maar U vergewe mense se sondes, U wil hê dat hulle U moet dien. Ek wag vir die Here, ek verlang na Hom, ek glo dat Hy sal doen wat Hy gesê het. Ek verlang na die Here, ek verlang meer as wagte wat verlang dat dit oggend moet word, meer as wagte wat verlang dat dit oggend moet word. Israeliete, julle moet in die Here glo, want die Here doen altyd wat Hy belowe het, Hy red ons altyd weer. Hy sal sy volk Israel red van al hulle sondes (Psalm 130: 1-8).

Ons moet tot die volle kennis en begrip van ons mensdom kom – dat ons niks sonder God is nie. Die feit dat ons selfs asem het, is ‘n geskenk van God, want Hy het die asem van die lewe in die neus van die mens ingeblaas en die mens het ‘n lewende siel geword (Genesis 2:7).

Om te weet dat ek sonder Jesus niks is nie en dat Hy my alles in alles is, ja my bron van lewe, is ware vryheid.

… want Hy het alles gemaak, God het gesê Hy moet dit doen. Die Seun het alles in die hemel en alles op die aarde gemaak, alles wat ‘n mens kan sien en alles wat ‘n mens nie kan sien nie, almal en alles wat oor die wêreld wil regeer, in die hemel en op die aarde. Die Seun het hulle almal gemaak, en hulle is daar om Hom te respekteer en te dien (Kolossense 1:16 ABA).

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s