Wie is die Patrick?


Lank voor dat daar die St Patrick van die mite was, was daar die Patrick van die geskiedenis, maar wie is die Patrick?

Patrick is gebore in 385 in die Romeinse britannia in die hedendaagse dorp van Dumbarton, Skotland. Patrick begin sy outobiografie so:

My naam is Patrick. EK is ‘n sondaar, ‘n eenvoudige mens, en die minste van al die gelowiges. Ek is neergesien op deur baie. My pa was Calpornius. Hy was ‘n diaken; sy pa was Potitus, ‘n Priester, wat geleef het by Bannavem Taburniae. Sy tuis dorp was daar naby gewees, en dit is waar ek gevange geneem was op die ouderdom van sestien.

Patrick spring oor baie van sy eerste sestien jaar, maar wie kan hom blameer? Op sestien ontvoer deur barbaarse Ierse Seerowers is ‘n baie opwindende plek om ‘n storie te begin. Die Seerowers het toe vir Patrick 200 myl na die binneland as ‘n herder en plaasarbeiders laat werk. Ses jaar later het hy óf ‘n helder droom of ‘n visie gesien waarin ‘n ontsnappings roete aan hom getoon is en hom aangemoedig om te ontsnap. Patrick reis toe die 200 myl terug na die kuslyn. By die dokke was ‘n Britse skip geanker gewees waarmee hy toe terug huis is.

Patrick kon nie lank daar bly nie. Voor sy gevangenes het sy Christelike geloof nie vir hom veel beteken nie, maar daar tydens het sy geloof gegalvaniseer en hom bedien in sy boeie daardie lang, donker dae. Terug in sy vaderland het hy hom daartoe verbind om sy geloof in alle erns uit te leef. Hy het toe ‘n Priester geword en gou ‘n geweldige las vir die mense wat hom ontvoer het gevoel, so is hy teruggekeer na Ierland met ‘n missie.

Patrick se doel was om die heidense Ierland te bekeer. Hierdie pogings was glad nie goed ontvang deur Loegaire, die heidense koning van heidense Ierland nie. Patrick het gevare en selfs die dood in die gesig gestaar. Hy het later ‘n klein swaard aan hom moes dra. Ten spyte van hierdie terugslae, het Patrick volgehou.

Uiteindelik is die koning bekeer en deur Patrick gedoop. Baie van die mense van Ierland het toe die koning se voorbeeld gevolg. ‘n Later legende sou vertel dat Patrick die slange vervloek het omdat hy in ‘n put slange gegooi was. Sederdien is daar geen slange inheems aan Ierland nie. In plaas daarvan dat Patrick uit Ierland verwilder is, het hy Ierland van plunderende maniere en ‘n kulturele en siviele barbarianism bevry deur nie net Christenskap daar te vestig nie, maar ook die vestiging van ‘n geheel nuwe etiek. Die New York Times se ‘bestsellers boek’ het aangevoer dat St Patrick en sy Ierland die hele beskawing gered het.

Patrick het toe later bekend geword as die “apostel van Ierland.” Hy het kerke geplant, die eerste een was heel waarskynlik op ‘n plek genoem Saul, in Noord-Ierland, ‘n bietjie binneland van die kus en net suid vanaf Belfast. Patrick het meer en meer kerke geplant soos hy deur Ierland gereis het.

Die legende van Patrick het vir sommige probleematiese gevolge gehad. Een voorbeeld is dat hy die shamrock gebruik het om aan die Ierse heidene die drie-eenheid te verduidelik. Sommige biograwe eis beslis dat Patrick so God as een in wese en drie persone, Vader, Seun en Heilige Gees verduidelik het, maar daar is egter geen bewyse hiervoor nie. Ander noem dat sy nek verhard het tot klip toe sy kop afgekap wou word en dat hy nie gevind kon word toe na hom gesoek was nie.

Vreemd genoeg was St Patrick nie eers werklik ‘n Saint nie, want hy was nog nooit gekanoniseer deur die Rooms-Katolieke kerk nie. Hy het homself as ‘n sondaar voorgestel, nie ‘n Saint nie.

Die legende verder vertel dat Patrick gesterf het op 17 Maart 461 in Saul, waar hy sy eerste kerk geplant het. ‘n kenmerkende monument staan bo op die heuwel met ‘n uitsig op die dorp. Klip panele omring die monument se basis en vertel uittreksels van Patrick se lewe.

‘n Veel groter skaduwee, egter, is St Patrick’s Day. Daardie dag in die middel van Maart bring ‘n beduidende vraag: moet Christene St Patrick’s Day vier?

Kom ons onthou Patrick nie slegs net in die legendes en fabels nie, maar vir wat hy vir die wêreld en Ierland gedoen het.

Hier volg ‘n gebed vir beskerming en erkenning van ons totale afhanklikheid van God wat bekend is as St. Patrick se borsharnas.

Christus met my,
Christus voor my,
Christus agter my,
Christus in my,
Christus onder my,
Christus bo my,
Christus aan my regter kant,
Christus aan my linker kant,
Christus as ek gaan lê,
Christus as ek gaan sit,
Christus as ek op staan,
Christus in die hart van elkeen wat aan my dink,
Christus in die mond van elkeen wat praat van my,
Christus in elke oog wat my sien, Christus in elke oor wat my hoor.

Deur Dr. Stephen Nichols

5 gedagtes oor “Wie is die Patrick?”

  1. Nou het ek wraggies ook iets bygeleer! Daardie slangput klink na ‘n gedoente. Hoe oorleef gewone mense so iets?

    My kinders studeer in Ierland, en hule vier St. Patrics Day – in matigheid. Hierdie jaar het my man ook gaan saamkuier.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s