Jou Lewe Word Bepaal Deur Jou Houding


Die Bybel leer ons dat ons moet kies tussen dood en lewe, maar dit is nie altyd ‘n eenvoudige keuse nie. Soms is dit moeilik om die verskil tussen dood en lewe te onderskei en dit veroorsaak spanning. Hoe meer spanning jy beleef, hoe moeiliker word dit om korrekte besluite te neem.

‘n Godelike houding teenoor die lewe is die enigste manier om dit te oorkom. Kweek ‘n Godelike houding in jouself soos Petrus en Pauls.

Simeon Petrus, ‘n dienskneg en apostel van Jesus Christus, aan die wat net so ‘n kosbare geloof as ons verkry het deur die geregtigheid van onse God en Saligmaker, Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die kennis van God en Jesus, onse Here! Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is. En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde. Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie; want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet (2 Petrus 1:1-9).

 

Hoe langer ek leef, hoe meer besef ek die impak van houding op die lewe. Houding vir my is belangriker as feite. Dit is belangriker as die verlede, as opvoeding, as geld, as omstandighede, as mislukkings, as suksesse, as wat ander mense dink of sê of doen. Dit is belangriker as voorkoms, begaafdheid of vaardigheid. Dit sal ‘n mens, ‘n maatskappy, ‘n kerk of ‘n huis maak of breek. Die merkwaardige ding is dat ons elke dag ‘n keuse het aangaande die houding wat ons daardie dag sal omhels. Ons kan nie ons verlede verander nie. Ons kan nie die feit verander dat mense op ‘n sekere manier sal optree nie. Ons kan nie die onvermydelike verander nie. Die enigste ding wat ons kan doen is om te speel op die eenigste snaar wat ons het, en dit is ons houding… deur Dr. Charles Swindoll

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s