Eina!


Ja sjoe, te veel mense sien net die seerkry van ons wêreld raak. Ja, ek weet dat ons skoppe en stote daagliks ontvang. Elke nou en dan is daar ‘n hou wat jou heeltemal plat slaan en jy weet nie of jy óóit weer sal kan opstaan nie. Daar kan soms jare verbygaan voordat jy weer kan sien vir die lewe.

Die ironie is dat hoe langer jy seker dinge toelaat in jou lewe, hoe langer gaan dit neem om los te kom. Ek het juis die naweek op Facebook gelees van ‘n hoogs aangeskrewe sielkundige se 3 of 5 stappe om weer te kan opstaan… Nie my koppie sop nie, maar wat hy wel genoem het lees ek ook in Psalm 23.

‘Die Here is my Herder’ weergalm die woorde, maar wat beteken dit vir my? As jy die volheid ontdek het om op jou Herder te vertrou, dán eers is die res van die Psalm waar.

Teleurstelling en vrees is sekerlik die mees algemene oorsaak van wantroue in ons Herder. Ons voel dat Hy ons moes beskerm het teen daardie mense of situasie, maar kan dan nie sien dat dit deel van Sy plan was nie. Ons moet leer dat ons wel deur die vallei van dood, donker en selfs alleenheid moet gaan, maar moet onthou Hy lei ons. In die donker kan ons Hom nie sien nie, maar moet leer om na Sy stem te luister. Sodoende kan ons Hom deur hierdie vallei volg. As ons soms verlore raak gaan sit ons in sak en as en bly dan te lank in hierdie vallei wat ons ook nog meer sleg en negatief laat voel. Raak nou rustig en luister vir Sy stem…

Hy wil jou ook bring na waters waar daar rus en vrede is, groen weivelde waar jy versterk kan word en waar jy niks tekorte sal hê nie.

Op ander plekke lees ons van deur vuur gaan en selfs vloed waters, maar Hy sál ons beskerm (Psalm 66:12, Jesaja 43:2), dus moet ons leer vertrou op Hom!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s