SELFOON BYBELS


Baie, indien nie meeste, mense lees deesdae Bybel op hul fone. Daar is dus hordes sagteware beskikbaar waar die Afrikaanse Bybels ook gelees kan word. Ek sal ‘n paar voorstelle maak.

Hier is die Nuwevertaling Bybel as ‘n PDF Lêer en ook die Ouvertaling Bybel as ‘n PDF Lêer indien jy dit so verkies.

You Version

Hierdie is volgens my die beste keuse Toep (App) vir slimfone; Want dit is gratis en het ‘n groot verskeidenheid Bybels in ‘n hele klomp tale soos Afrikaans, Engels, Noord Sotho, Suid Sotho, Tswana, Duits ens. beskikbaar.

Hierdie is ‘n “Web gebaseerde” program en internet toegang word benodig… tog kan meeste van hierdie Bybels ook afgelaai word en op jou selfoon gestoor word. Sodra ‘n Bybel op die foon gestoor is kan die Bybel sonder internet toegang gebruik word. Al die Bybels is verniet. Die nuutste weergawe van die program is baie eenvoudig en funksioneel.

Die youversion Toep moet eers installeer word en daarna kan die ander Bybelvertalings afgelaai word. Die van julle met Android, Java, Palm OS, Blackberries, Windows mobile en Apple iPhone of iPad kan sommer hier kliek om die youversion Toep te installeer.

Kliek dan hier om te sien hoe om die Afrikaansevertalings te installeer.

Die PWL Bybel

Pad van Waarheid tot die Lewe vertaling is ‘n projek wat ontstaan het om die mees korrekte vertaling van die Bybel in Afrikaans te doen met die doel om die koninkryk van God te vestig en te herstel op aarde.

Oorspronklike teks uit Hebreeus en Aramees is vir hierdie doel gebruik. Dus is hierdie toepassing baie goed vir die van julle wat ‘n bietjie dieper wil gaan delf in die Woord van God.

Die Bybel Toep (App) vir Kinders

Hierdie is ‘n baie interaktiewe manier waarop jong kinders Bybel stories kan lees, luister en sien. ‘n Animasie storieboek toep vir slimfone en tablette. Dit is ook ‘n gratis toep waar die toep eers installeer moet word en dan moet die taal keuse eers gemaak word voordat die afsonderlike stories afgelaai word.

Ons Glo Toep

Baie oulike toepassing met spesifieke doel voor oë, om die Gereformeerde Christen terug te bring tot fondamentele temas in die Bybel, soos genade, geloof ens.

‘n Kooltjie in ‘n vuur gloei
sterkste as dit naby ander kole is in die vuur. Net so het ons mekaar nodig om ons geloof te verwoord en te versterk.

Kom reis saam deur van die belangrikste temas van ons Christelike geloof, individuel, kleingroepe, gesinne of as kategese-groepe.

25 kerntemas word in die vorm van ‘n Bybelstudie aangebied.

Olivetree

Afrikaans BibleReader 1983 van Olivetree kan maklik afgelaai word, maar sal jou ongeveer $10.00 kos… Daar is ‘n hele klomp Bybels en ander boeke wat verniet afgelaai kan word.
Hierdie is ook ‘n baie goeie program en is beskikbaar vir die volgende platforms:

  • Android
  • BlackBerry (met kaart)
  • iPad
  • iPhone
  • Palm OS 5.x
  • Symbian Series 60 v1
  • Symbian Series 60 v2
  • Symbian Series 60 v3
  • Symbian Series 60 v5
  • Symbian Series 80 v2
  • Symbian UIQ 2.x
  • Symbian UIQ 3.x
  • Windows Mobile Professional/Pocket PC
  • Windows Mobile Standard/Smartphone

Bybels vir Ander Selfone

Selfoon Bybels is ook vir die nie so “slim” selfone beskikbaar
in Afrikaans, Engels, Noord Sotho, Suid Sotho, Tswana, Xhosa en Zulu.
Dit kan sommer vanaf jou foon afgelaai word by die Bybelgenootskap van Suid Afrika (http://m.bibles.co.za).

Die volgende vertalings is tans beskikbaar:

  • Afrikaans 1933/53;
  • Afrikaans 1983-vertaling;
  • Afrikaans Die Bybel vir Almal;
  • Engels King James Version;
  • Noord-Sotho 1951-vertaling;
  • Suid-Sotho 1909-vertaling;
  • Tswana 1908-vertaling;
  • Tswana 1970 hersiene vertaling;
  • Xhosa 1975-weergawe;
  • Xhosa 1996-vertaling;
  • Zulu 1893-vertaling;
  • Zulu 1959-vertaling;
  • Nuwe Testament en Psalms 1986-vertaling.

Vir meer inligting gaan na die Selfoonbybelhandleiding.

Ander webblaaie waar selfoon-Bybels ook afgelaai kan word is:

Meer inligting oor die Bybel kan ook by Blue letter Bible gevind word! (Nie in Afrikaans nie). Blue letter Bible het nou ook ‘n “Bible App” vir iPad en iPhone beskikbaar.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s