Al was ek nie daar nie ek weet dit is waar,
die krip en Maria met die kindjie by haar.
Dis asof die engel die boodskap nog bring,
van Jesus Sy vrede wat harte laat sing.
Al kan ek Hom nie sien nie tog weet ek Hy’s daar,
omdat ek God se liefde in my lewe ervaar.
O kom nou, Here Jesus en maak my hart skoon,
dat U ook as Koning in my kan woon.