Die Fonteine van heil…


Ons is geneig om te vergeet dat Christus in ons die redding van die wêreld is en in al die droë en verlate plekke waardeur ons gaan, ons die fonteine van heil moet wees vir ander wat deur die vallei van lyding gaan.

God het jou ‘n fontein van heil gemaak omdat jy in Jesus glo en strome van lewende water uit jou binneste vloei (Johannes 7:38). Jy kan ‘n fontein van heil wees vir ander mense solank jy nie Jesus as jou bron verlaat nie (Jeremia 2:13). Jou fontein bring ‘n oasis van lewe voort met sagte koel gras en koelte bome waaruit jy vars en met nuwe krag lewe. Hierdie oasis trek ook ander mense na jou toe. Die mense wat by jou fontein kom drink of onder jou koelte bome kom skuil weet nie eens dat hul dit doen nie, en soms jy ook nie.
Mense kom na jou toe vir raad, ‘n glimlag of sommer net ‘n hallo, maar jy moet leer om bewus te wees hiervan sodat jy hulle op die regte tyd ook na die bron van jou lewende water verwys. Sommige sal na ‘n paar besoeke sommer reguit vra hoekom jy anders is of dinge so hanteer. Dan kan jy hul vertel van Jesus jou bron. Daar is ook mense wat gereeld by jou kom skouer skuur en nooit direk vrae vra nie, maar jy kan leer om hul ook indirek te vertel van wie jou bron van lewe is.

“Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is. As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit ʼn fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge. Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God in Sion” (Psalms 84:6-8 AOV).

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s