Wanneer laas het ons God geloof?


Wanneer laas het ons God geloof? Ek vra myself dikwels af wat dit is wat ons kort kom in ons geestelike lewens. En vreemd soos dit mag klink: Ek dink ons kort die Here. Sien, dit is so dat ons geestelike bestaan dikwels nie om die Here gaan nie, maar eerder om ons, om dit wat ons is, dit wat ons wil doen en dit wat ons wil hê. Wanneer ons bid, gee ons aan God ‘n “to-do” lysie. Wanneer ons Bybel lees, soek ons dit wat God vir ons kan doen. Instede daarvan dat God die almagtige, alwetende en alsiende Heerser in ons lewens moet wees, word Hy dikwels die slaaf, maak ons Hom ‘n kneg wat moet spring wanneer ons dit verwag.

Wanneer laas het ons God geloof? Wanneer laas het ons God gesien en erkenning gegee vir wat Hy is. Hy is die groot “Ek is”, die Skepper van Hemel en Aarde, die sterk en Almagtige Here, die Prins van Vrede. Hy is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde, die Eerste en die Laaste. Hy is die Lelie van die dale, die Roos van Saron en die blink Mȏrester. Hy is die Koning bo alle konings die Here bo alle here. Hy is ons Abba Vader.

Wanneer laas het ons God geloof? Om te loof beteken om God op te hef of op te lig. Wanneer laas het ons God bo alles verhef? Om te loof beteken om applous te gee. Wanneer laas het God applous ontvang? Om te loof beteken om eer te gee. Wanneer laas het ons aan God al die eer gegee? Om te loof beteken om aan te beveel. Wanneer laas het ons God aan ander aanbeveel?

Wanneer laas het ons God geloof? O ja, ons bring eer aan mense. Binnekort hou ons Mandela dag. Wanneer laas het ons ‘n dag opsy gesit om hulde en eer aan Goid te bring. Ons kan so maklik die dooies onthou terwyl die lewende God eenkant geplaas word. Ons vereer ook die lewendes. Ons hou moedersdag en vadersdag maar het nie ‘n dag waar God ge-eer word nie. Maar wat van Sondag (of Satedae vir ander)? Is die dae nie daar vir God nie? Nie meer nie, want instede daarvan dat die dae gebruik word om God te eer het dit net nog ‘n dag geword waar ons ons eie begeertes voor God bring in die hoop dat Hy aan ons sal gee, pleks daarvan dat ons aan Hom gee. Ons gebruik die dae om God te herrinner aan wat ons wil hê instede daarvan om Hom in herrinnering te roep.

Wanneer laas het ons God geloof? Jósafat het die krag van lofprysing geken. Toe die vyand hul bedreig het hy manne aangestel om God se loft e besing. En terwyl hul sing “Loof die HERE, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!” het God die vyand verslaan. (Sien 2 Kronieke 20) Paul en Silas het die krag van lofprysing geken. Teeen middernag, terwyl hul in die gevangenis was het hul God geloof. Kort daarna het die deure oopgegaan en is hul bevry uit die tronk. (Handelinge 16)
Wanneer laas het ons God geloof? Jesus wys die belangrikheid van lofprysing wanneer Hy ons leer om te bid. Hy begin deur God as Sy Vader te herken wanneer Hy bid “Onse Vader” Daarna eer Hy Sy Vader en seën Hom wanneer Hy sê “laat U Naam geheilig word” Dan sluit Hy af met die woorde “aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.” As Jesus dan Sy Vader vereer, hoeveel te meer moet ons dit nie doen nie. Ons was immers verlore, maar Hy het ons gevind. Ons was blind, maar Hy het ons laat sien. Ons was sondaars maar Hy het ons gered.

Hoe moet ons die Here loof? Ons lewe moet ‘n lewe van lof wees. Ons moet ophou kerm en kla en begin om lewe te spreek. Ons moet ons liefde en bewondering vir God aan God verklaar. Ons moet Sy lof besing, van Hom getuig en ander van Hom vertel. Maar eweneens belangrik: Ons moet in dankseggigging voor Hom kom. Ons moet dankbaar wees vir dit wat Hy gedoen het, nog steeds doen en ook gaan doen. Ons moet verkondig dat Hy ook ons Koning bo alle konings is, ons Here bo alle here, ons Meester en ons Saligmaker. Hy moet weer ons eerste liefde word.

“O, Hemelse Vader – aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid – Amen.”

Groete,
Johan Terblanche

 


 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s