Is julle nie baie meer werd nie?


‘n Pragtige stukkie geskiedenis. Tydens
die Anglo-Boereoorlog het elke konsentrasiekamp ‘n ‘oorlewingstema’ gehad. Die vroue van Bethulie s’n was Matteus 10:29 en 31, wat in die nuwe vertaling lui: is twee mossies nie vir ‘n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van die Vader nie. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as mossies. Die vroue van die kamp het ‘n belofte gemaak dat, indien Suid-Afrika ooit sy eie muntstukke uitreik, hülle sou probeer om mossies as simbool van hoop en geloof daarop te laat uitbeeld. Nä die aanbreek van vrede op 31 Mei 1902 het die kampvroue na hul plase teruggestap.
‘n Sekere mev. Marais het op die plaas van die president, M. Steyn aangegaan waar sop en brood vir van die terugkerendes bedien is. Sy het vir mev. Tibbie Steyn gevra om die Bybelversie op die land se nederigste muntstuk uit te beeld om dankie te
sê dat hülle die oorlog oorleef het maar ook om vir die mans wat geveg het aan hul waarde te herinner. Mev. Steyn het die saak opgeneem. Nä jare se stryd het twee gewone mossies in 1923 op die keersy van die kwartpennie (stuiwer) verskyn om elke Suid-Afrikaner aan sy of haar waarde in die oë van die Skepper te herinner.

Dit het Suid-Afrika, sover bekend, die
enigste land ter wêreld gemaak wat ‘n Bybelvers op ‘n munt uitbeeld. Selfs nadat ‘n nuwe politieke bedeling in 1994 tot stand gekom het, het die mossies op ons nederige 1 -sent-stuk gepryk. Met die verval van die 1 -sent het die simbool egter verdwyn. Gelukkig het mossies nie verdwyn
nie en nog belangriker, die Vaderhart agter die mossies het ook nie verdwyn
nie. Elke keer wanneer jy weer by jou voordeur uitgaan of by die groentewinkel stop, kan dit goed wees om net eers rond te kyk… die mossies te sien… en te onthou (Dr Johan, Rekord Moot 5 Julie 2013).

One thought on “Is julle nie baie meer werd nie?”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s