Ons wêreld waar in ons leef is baie baie vol. Dit is vol van inligting en informasie, vrees, leuens, valsheid en ook ‘n klomp goeie dinge. Tog mis ons die goeie en sien net die slegte raak, of fokus ons net te veel op die negatiewe?
… die Wysheid wat God gee, is rein. Daardie Wysheid maak vrede tussen mense, dit is vriendelik en luister na die dinge wat ander mense vra, Wysheid is goed vir mense, dit is soos ‘n boom wat goeie vrugte dra, Wysheid dink nie dat een mens belangriker is as ‘n ander nie, en dit is nie skynheilig nie. Mense wat reg doen, maak vrede tussen mense, en hulle lewe self ook in vrede.
(Jakobus 3:17-18).
As ek hierdie stuk oor wysheid lees dan verstaan ek dat ware wysheid vrede moet bring of skep…
Wysheid se doel is vrede!!!