BID VIR SUID-AFRIKA!!!


Ons moet nooit ophou om vir ons land te bid nie. Bid sommer daar waar jy nou sit.
Voeg ook onderaan by ‘komentaar’ enige gebede vir ons land wat jy op jou hart het.
Nadat jy gebid het, kan jy sommer hierdie gebed aan iemand anders stuur.

BID SAAM :

Hemelse Vader ons bid vir al ons kerk leiers dat U hulle ook sal vergewe en hulle weer ‘n kanaal vir U Woord sal maak. Gee hulle weer ‘n Woord van U vir die mense van Suid-Afrika. Gee hulle weer ‘n hart vir die mense van Suid-Afrika.

Vader ons bid vir vergifnis van ons sonde. Ons glo dat U Seun Jesus Christus vir ons volkome betaal het. Vergewe ons dat ons U Gees bedroef het. Kom neem weer U regmatige plek in, in ons lewens.

Ons bid dat U die mense se geestelike oë en ore sal oopmaak. Gee U kinders ‘n passie vir verlore mense. Ons vra vergifnis vir die onreg wat ons as ouers teen ons kinders gepleeg het deur dat ons hulle teleur gestel het. Ons vra ook vergifnis as kinders vir die kere waar ons ons ouers swak en sleg behandel het.

Ons bid dat U die mense in Suid-Afrika genadig sal wees en sal seën. Ons bid vir al die besighede in Suid-Afrika, dat U hulle voorspoedig sal maak en dat U hulle ontvanklik sal maak om te gee vir U werk in Suid-Afrika en die res van die wêreld. Vergewe ons dat ons so self gesentreerd en gemaksugtig is.

Ons DANK U vir reën wat reeds geval het en bid dat U genoeg reën sal stuur na plekke wat smag daarna. Ons bid vir ons boere dat U ook vir hulle sal onderneem.

Ook dat U alle Suid-Afrikaners sal beskerm teen al die geweld. Ons bid ook vir die wat geweld pleeg en vir die wat in die gevangenis is, dat U genade sal betoon. Help ons om te vergewe en te vergeet soos U ons vergewe.

Ons bid vir herlewing en dat U NAAM weer geëer word. Dat U koninkryk sal kom in Suid-Afrika.

Ons bid vir ons politieke leiers, en ons bid vir ‘n Godvresende regering en leier, wat op God vertrou. Ons bid ook vir ‘n Godvresende Suid-Afrika. En ons bid dat ons regering weer op U sal vertrou. Ons erken dat ons afhanklik is van U en dat ons nie sonder U kan bestaan nie.

Ons bid dit in die Naam van JESUS CHRISTUS, ons Here en verlosser.

Amen

2 gedagtes oor “BID VIR SUID-AFRIKA!!!”

  1. Baie mooi. Jy’s reg, Suid-Afrika het altyd gebed nodig en nou ook meer as voorheen. Ek bid vir ‘n VEILIGE nagrus vir ELKEEN ELKE AAND in ons mooi land! en dat Jesus daardie bose magte sal uitdryf uit daardies wat net daarop uit is om te MOOR.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s