My Redder. My Anker. My Rots. My God.


O Here, ek verlang na U soos ‘n wildsbok wat smag na ‘n stroompie water.
Ek verlang na niemand anders nie, behalwe na U, o God.
Ek wil so graag in u heiligdom ingaan om in u teenwoordigheid te wees.
Gee my van u helder water en bied my ‘n skadu teen die gloed.
Ek skroei van pyn, o Heer.
My gedagtes gaan terug na daardie tyd toe ek U met vreugde geloof en geprys het…
Ek wil nie neerslagtig en bekommerd word nie.
Help my om my verwagting op U te bly stel en U, Here, onder alle omstandighede te prys.
Want U is my Redder. My Anker. My Rots. My God.
O Vader, soos die bergstrome oor die rotse spoel, het smart en pyn oor my gespoel.
Ek kyk egter op na U.
My hart smag na gemeenskap met U.
Want uit U en deur U en tot U is alle dinge!
Dankie Here, dat U bedags vir my u troue liefde bewys en snags vir my in my binneste troos.
Dit is na U wat ek my gebed wil laat opgaan, U wat leef en my beskerm.
O Heer, U weet dit sny soos ‘n mes in my binneste as mense sê U bestaan nie.
Dankie dat ek, selfs ook in my twyfel, steeds my oog op U gerig kan hou –
van wie alles kom en na wie alles terugkeer.
Amen

 


 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s