My God, My God, Waarom Het U My Verlaat!


Hoe baie sukkel ons om vooruit te gaan as dinge swaar of moeilik gaan?
Dis amper onmoontlik om die volgende tree te gee… asof die gewig van alledaagse dinge net te swaar is en daar nie meer krag is nie, al beur ons voort.

Die leun is natuurlik dat ons nie so mag voel nie. Dat ons altyd sterk en vol moed elke dag moet aanpak. Elke krisis met krag en gemak moet hanteer dan nog sterk en beeldskoon aand die anderkant moet uitkom. Al sien ons hoe die manne van God dit nie so beleef het nie is hierdie valse verwagting steeds daar – hoekom weet ek nie. Asof dit sonde is om te erken dat dit nie goed gaan nie of verkeerd is om moeg te word…

Dawid het dinge dan ook so beleef en dan sy hart voor sy Here en God gaan uitstort. So ook het Paulus hierdie woorde van swakheid en vernietiging gespreek in sy tye van nood. Wat wel wonderlik is is die vaste vertrou dat God steeds die plek van toevlug is en rus en versterking in Hom gevind kan word…

So ook Elisa, Elija, Jesaja, Jeremia, Moses, Abraham en nog ander het ook tye beleef waar hulle net wou opgee en nie meer verder gaan nie.

Dawid skryf in Psalm 61 hier oor en in vers vier van die Nederlandse vertaling lees ons dit so:

Ek sal in U hut verkeer tot in ewigheid, ek sal my toevlug neem in die verborgenheid van U vleuels

Daar is dus tye waar mense so voel en die pad vorentoe so duister lyk dat die lus vir lewe stadig weg kwyn…
Moet net nie opgee nie, bly soek na die verborgenheid van Sy vleuels.

Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. ‘n Psalm van Dawid.
o God, hoor my smeking, luister na my gebed!
Van die einde van die aarde af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op ‘n rots wat vir my te hoog is.
Want U het ‘n toevlug vir my geword, ‘n sterk toring teen die vyand.
Ek wil in u tent vertoef vir ewig, in die skuilplek van u vleuels my verberg. Sela.
Want U, o God, het my geloftes gehoor; U het die besitting gegee van die wat u Naam vrees.
Mag U dae by die koning se dae byvoeg; mag sy jare wees soos van geslag tot geslag.
Mag hy vir ewig voor die aangesig van God op die troon sit; beskik goedertierenheid en trou, dat dié hom bewaar.
Só wil ek psalmsing tot eer van u Naam tot in ewigheid, om my geloftes te betaal, dag ná dag.
(Psalms 61:1-8).

Ons mag bly soek na Hom in enige en elke omstandigheid want Hy het gesê:

Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.
(Hebreërs 13:5).

Here kom tog gou
Ek is moeg en leeg,
die pad so moeilik en duister
lig en lewe kwyn weg

Ek smag na U
My Toevlug en my Rots
my fontein van Lewe
kom versterk en versadig my

En die HERE sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak; en jy sal wees soos ‘n tuin wat goed besproei is en soos ‘n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie.
(Jesaja 58:11).

Moenie twyfel nie‘ wat ons dus nodig het is ‘n Vaste vertrou in die krag van Jesus Christus…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s