deesdae is die waarheid so… dof
baie mense is OK daarmee…
soos seuntjie wat uit boom val
omdat sy pa hom wil leer
vertrou niemand nie
gesê hy moet spring
en hom toe nie vang nie
verhoudings aanmekaar geplak
met seks en geld
vrees en obsessies
die filters vir alles wat ons inneem
want dit gaan mos oor oorlewing
Ja, oorlewing, nie lewe nie
haat en nyd die dryfkrag agter alles
wat nou gemaak
alles halsoorkop los?
nee! kan dit tog nie doen nie…
© Thomas Dreyer