Watse voetspoor wil jy los?


‘n Vriendin vra my:

Wat maak dat sommige mense ‘n positiewe & ander ‘n negatiewe & ander GEEN voetspoor wil laat nie?

Ek het 10 jr gelede ‘n boom geplant voor die woonstel waar ek toe vir net 1 jaar gewoon het. En nou krul my tone sommer van lekker kry as ek sien "my" boom groei. Dan sê ander dat hulle nie ‘n tamatie in iemand anders se grond plant nie – dan bly hulle 10 jaar daar en ly honger…

Die antwoord is nie so maklik of eenvoudig nie. Alle mense het redes hoekom hulle dinge doen. Vir sommige mense is dit lekker om iets te doen (‘n saadjie te plant) en die koelte en vrug daarvan te geniet. Ander dink dat die lewe dit vir hulle moet doen. Nie nodig dat hul self moet swoeg of sweet nie.

Die hele konsep van lewe draai om net een as (Jesus). Sommige mense lewe naby aan die as ander weer ver. Die naby aan die as weet wat hul wil hê en wat hul in-staat is om te doen om die lewe te geniet. Die verder weg van die as voel net die krag van die lewe hulle rond trek… hierdie trekkery is natuurlik weg van die as af en hoe verder jy van die as af beweeg, hoe erger word dit. (Middelpunt vlietende krag)

As jou lewe uit beheer voel en alles spin en draai in rigtings waar jy nie wil gaan nie, maar jy sukkel om terug te keer na dit wat belangrik is vir jou is jy te ver van die as (Jesus) af. Dit kos harde werk om weer na genoeg aan die as te kom waar jy weer beheer oor dinge kan neem.

In Jeremia staan daar:

… vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin …
(Jeremia 6:16).

Hierdie weg wat ons na moet vrae is die weg wat ons op die korrekte wyse om die as neem sodat ons nie verlore raak nie. Dit sluit in wysheid, kennis, liefde, begrip (understanding), verhouding en trou (faithfulness).

Hierdie 6 dinge moet jy saam met Jesus doen wat jou dan op die korrekte weg bring en jou ook help om daarop te bly…

Hier is die Probleem of Moeilikheid!!!

Elkeen van ons hou daarvan om dinge op ons eie wyse en manier te doen. Dit sluit gewoonlik een van hierdie 6 uit, of dalk meer. So verdwaal ‘n mens en raak dan vasgevang in die trekkrag wat jou al verder van die as af weg neem.

Sommige mense is bevoorreg om hierdie dinge op ‘n baie jong ouderdom te beleef en om dit deel van hulself te maak. Ander ken, weet en verstaan dit, maar wil dit net nie aanvaar nie. Dan is daar mense wat nooit met hierdie dinge in aanraking kom nie en hulle lewens is van jongs af ver van die as en hul aanvaar dat dit is hoe die lewe moet wees.

Die mense wat hierdie 6 dinge korrek verstaan en dit deel van hul lewe maak is die wat altyd ‘n goeie voetspoor wil laat. ‘n Voetspoor van bemoediging so wel as ‘n voetspoor van rus en vrede.

Sien, Maslow se stories werk en is van toepassing op die mense wat reeds ver van die as af lewe. Hulle basiese behoefte is oorlewing. Die wat baie naby aan die as (Jesus) lewe se basiese behoefte is om ‘n goeie voetspoor te laat…

Mense wat net oorleef kan niks gee nie en soek net dit wat hul nodig het, al verniel en vernietig dit ander mense en hul omgewing…

In Hom (Jesus), deur Hom en tot Hom is alle dinge… (Kolossense 1:16).
Om hierdie begrip te verstaan moet jy besef dat die eenheid en verhouding tussen wysheid, kennis, liefde, begrip, verhouding en trou baie belangrik is. Hierdie 6 ding moet in ‘n seker verhouding bly om die padaanwysings korrek te verstaan.

… Al die weë van die Here is goedertierenheid en trou …
(Psalm 25:10).

Die trou is slegs waar wysheid en kennis in korrekte verhouding teenoor mekaar staan en goedertierenheid is slegs teenwoordig as liefde die fondasie is van alles wat jy doen. Begrip groei vanuit die eenheid ‘liefde en waarheid’. Verhouding en trou is die vrug van die samewerking van liefde en waarheid.

Jesus het gesê:

Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.
(Matthéüs 11:28-30).

Hy (Jesus) sal my leer om hierdie 6 dinge in die korrekte verhouding in my lewe in te bou…

Die las en juk wat hiervan gepraat word is die kennis en wysheid wat oorgedra word en om dat Jesus se verhouding tussen die twee korrek is, is Sy juk sag en Sy las lig.

Die moeilikste van alles is dat die meerderheid mense ver van die as af lewe en alles is net op ‘survival mode’.

Soms koop jy kos by die Wimpy en die een wat jou bedien se diens is van so aard dat sy net so wel nie daar was nie. Jy staan agter in die ry by die bank en ‘n jong man vra of hy jou kan help, vinnig vinnig is jy daar uit.

Albei is by die werk en doen wat hul moet, maar die jong man by die bank doen net effens meer…

Die Engelse noem dit ‘providence’… jy het altyd iets om na uit te sien, te gaan doen of te geniet. Die mense wat dit nie het nie sukkel met skuld gevoelens, vrees, haat ens. Hulle bou niks nie en sal eerder afbreek as dit anders sal laat struikel of as hul iets daar uit kan kry. Hulle is moordenaars diep binne in – drome, potensiaal, liefde en vreugde word oral vermoor. Die lyke lê die hele wêreld vol en niemand kan dit oorleef nie. Hulle en almal om hulle sit later sonder drome, potensiaal, liefde of vreugde. Daar is dus niks meer om voor te lewe nie…

Ek het net gou uit blote nuuskierigheid gaan loer wat die woordeboek sê oor providence:

  • die insig en sorg wat uitgeoefen word deur iemand wat hulpbronne bestuur
  • ‘n manifestasie van God se “foresightful” sorg vir sy skepsels

Ek hoop dit maak sin.
Vra gerus as daar iets is wat ek onduidelik gestel het.

Groete,
Thomas Dreyer

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s