God’s work and sovereignty


Wonder jy ook soms hoe God na ons kyk. Ek wonder baie oor wie ek in Sy oë is.

Is daar ervarings en gebeure wat vir jou uitstaan in jou lewe waaroor jy kan getuig wat Hy in jou lewe gedoen het?
Het jy God se liefde, teenwoordigheid of beskerming op ‘n bonatuurlike wyse in jou lewe ervaar?
Was daar ‘n tyd gewees waar alles in chaos was, maar jy met rus en vrede gevul was?
Het jy skielik net ‘n nare gevoel oor iemand gehad terwyl jy met iets heeltemal anders besig was en dan vir daardie persoon gebid om net later te hoor van dit wat met hom of haar gebeur het?

Ek vra dit so, omdat ons dit baie kere mis.
Ons skryf baie dinge toe aan geluk, "fate", die natuurlike of deel van die lewe, maar besef ons dat dit alles in die HANDE van ‘n ALMAGTIGE GOD is.

"I am the LORD; I have called you in righteousness; I will take you by the hand and keep you; I will give you as a covenant for the people, a light for the nations,
(Isaiah 42:6).

Because you are precious in my eyes, and honored, and I love you, I give men in return for you, peoples in exchange for your life.
(Isaiah 43:4).

The wild beasts will honor me, the jackals and the ostriches, for I give water in the wilderness, rivers in the desert, to give drink to my chosen people,
(Isaiah 43:20).

Thus says the LORD: "In a time of favor I have answered you; in a day of salvation I have helped you; I will keep you and give you as a covenant to the people, to establish the land, to apportion the desolate heritages,
(Isaiah 49:8).

Dit was nog donker toe die diep gelowige Mina Deyesel vroegoggend langs haar bed kniel. Haar smeekgebede vir haar familie se veiligheid het nou die oggendstilte verbreek. Waarom het sy die droom van ’n verskriklike ongeluk gehad? En vir wat het hierdie onrustigheid nou binne haar gewoed? Al kon Mina dit nie verklaar nie, het sy besluit om ag te slaan op God se waarskuwing. Vir die res van die dag het sy aangehou om vir haar gesin se veiligheid te bid.

Teen laatmiddag het sy ’n oproep van haar 13-jarige seun, Christiaan gekry wat op daardie stadium by sy ouma in Aberdeen gekuier het. Hy het huis toe verlang en gevra of hy maar op die taxi mag klim daardie aand om huis toe te kom. Mina het ingestem.

Christiaan het hom skaars tuisgemaak op die bankie van die taxi vir die sewe ure reis wat voorgelê het, toe ’n ouer seun hom half onbeskof vra om plekke te ruil. Dié wou sit waar Christiaan sit. Hoewel eers onwillig, het Christiaan ingestem en heel agter in die taxi gaan sit. Hulle het vertrek.

Toe daar vier ure na die taxi se aankomstyd in Kaapstad steeds geen teken daarvan is nie (en Christiaan se foon boonop af bly), het die onrustigheid skielik weer aan Mina begin kou. Sy het begin rondbel sonder sukses. Eindelik het sy die taxibestuurder se selfoonnommer opgespoor en soontoe gebel. ’n Polisiekonstabel het die foon geantwoord.

Dit is toe dat sy die skoknuus kry: Daar was ’n gru-ongeluk. Die band van die taxi het net buite die Hugenote-tonnel gebars en die minibus het gerol. Vier van die insittendes het gesterf. Christiaan het die ongeluk oorleef, maar die ouer seun wat vroeër sy plek by hom afgeneem het nie, het op slag gesterf…

Wat beteken hierdie storie van Mina en Christiaan vir JOU?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s