Hunkering na die volheid van lewe


Ons almal het al ‘n hunkering na iets groter gehad in ons lewens. Thomas á Kempis het in sy hunkering na die volheid van God gebid:

O EWIGE LIG, wat alle geskape helderheid oortref, flits voort U weerlig en verlig die binneste dieptes van my hart. Reinig, bemoedig, verlig, en vinkel my gees, sodat dit sal vasklou aan U in ekstase. Daardie gelukkig en hunkerende uur sal kom wanneer U my vervul met U teenwoordigheid en word alles in almal vir my (A Pattern for Life. Copyright © 1998:52).

God is lig en het geen duisternis in Hom nie (1 Johannes 1:5).

Lig openbaar die wêreld aan ons, en ons smag daarna. Lig stel ons biologiese klokke en aktiveer in ons brein die sensasie van kleur. Lig voed ons deur die verskaffing van energie aan plante en inspireer ons deur reënboë en sonsondergange. Lig gee ons lewensveranderende toestelle, soos gloeilampe, lasers en optiese vesel. Wetenskaplikes verstaan nog nie ten volle wat lig is nie en weet nie tot wat dit in staat is nie, maar besef dit sal ons toekoms verlig.
o_magtige_lig
Ons menslike bestaan is deurdring met lig as ‘n hulpmiddel, ‘n draer van skoonheid, ‘n gewer van lewe. Lig was daar gewees vanaf die begin en sal daar wees tot aan die einde. Lig is onpeilbaar. Moderne fisika kan lig nie in kleiner deeltjies opgebreek nie. Lig is lig, suiwer, tog nie eenvoudig nie … (Joel Achenbach en Joe McNally).

God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig (Génesis 1:3).

Die lewe wat ons in Jesus het is hierdie lig (Johannes 1:4) en al verstaan ons nie alles van Jesus af nie deel ons in Sy lig, solank ons in Sy lig glo en wandel (Johannes 12:35-36).

Gebed:
O Magtige Lig, openbaar U aan ons, Amen.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s