Die belangrikste boom in die tuin


Ons gesels al ‘n wyle oor die boom van die lewe wat in die tuin van ons harte geplant moet wees. Hierdie saad van die boom van lewe ontvang jy in ‘n ruiltransaksie waar jy jou mees gekose deel van jouself vir Jesus gee en Hy vir jou die saad van die lewe gee.

Dit is dan dat hierdie saadjie wat in jou hart geplant word. Jy is super opgewonde, maak seker dat alles net reg is vir die saadjie wat geplant is. Jy werk kompos in die grond in, gee gereeld water en maak die grond mooi los al om die plek waar die saadjie geplant is. Jy gaan loer elke dag (soms elke uur) of daar nie iets gebeur het nie. Man en as daardie eerste paar blaartjies net so effens bo die grond uitkom ontplof jy amper van opgewondenheid. Nou spring jy sommer dadelik aan die werk en begin die res van die tuin van jou hart skoon te maak en raak ontslae van bossies en ander plante wat jy nie in die tuin wil hê nie. Jy verwyder klippe en ander voorwerpe ook wat jy in die grond vind.

‘n Dag of wat later staan daar ‘n piep klein plantjie so 5cm bo die grond met drie pragtige klein blaartjies aan. Jy is so opgewonde, spring amper uit jou vel uit. Almal wat jy vandag raakloop word vertel van die plantjie wat nou net mooi begin groei. Die middag breek jou hart toe iemand die plantjie raak trap en jy slaap glad nie lekker deur die nag nie. Vroeg oggend sien jy dat die plantjie nog plat lê en jy vertroetel dit eers. ‘n Paar moeilike dae gaan verby, maar die plantjie oorleef dit. Stadig maar seker kom jou opgewondenheid terug en jy deel dit weer met ‘n paar mense.

Die groen stammetjie het begin verbruin en sterker word en staan nou amper 30cm hoog. Die blare is nou ‘n mooi donker groen en heelwat groter. Jy gee nog gereeld water en sorg mooi vir jou plantjie wat uiteindelik soos ‘n boompie begin lyk. Jy deel nog met ‘n vriendin oor hoe die boompie jou lewe verander het en sien toe hoe die buurvrou se skilpad al die blare af vreet. Woedend en seer gaan sit jy en huil “… hoekom het dit nou weer gebeur…”

So met die tyd herstel die boompie vinnig. Ietwat hoër met nuwe blare lyk die boompie te pragtig en jy werskaf sommer in die tuin om alles rondom die boompie ook mooi en netjies te kry. Slim en geleerd deur die ervarings is jy versigtig en is daar nie gou weer iets wat die boompie seermaak nie.

Hierdie is ‘n beeld van jou ontmoeting en verhouding met Jesus Christus. Daar is tye van opgewondenheid en ook tye van hartseer en teleurstelling. As dinge nie te wonderlik gaan nie dan moet jy meer aandag aan jou verhouding met God gee.

Soos in die tuin van Eden moet die belangrikste boom in die middel van die tuin geplant word. Hierdie boom is die boom van die lewe. Soos ek verstaan is Jesus nou die boom van die lewe en moet Hy dus die belangrikste boom in die tuin van jou hart wees.

Jesus se lewe moet dus teenwoordig wees in jou lewe. Hierdie teenwoordigheid is sigbaar net in die mate wat jy hierdie boom van lewe toelaat om in die tuin van jou hart te groei, vrug te dra en ook om nuwe saad te skiet. Hierdie lewe wat dan in die tuin gevind word is nie net lewe vir jou nie, maar vir enige persoon wat jy toelaat om in jou tuin rus en vrede te vind

© Thomas Dreyer and Lewegewer

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s