‘n Asemrowende Dans…


’n Ongeluk. Die verlies van ’n ledemaat. Ernstige depressie.

Dit is drie van die hindernisse wat Ma Li en Zhai Xiaowei afsonderlik in hulle lewens moes deurmaak. Ma Li is ’n Chinese danseres in haar 30’s wat na ’n ongeluk haar regterarm verloor het. Haar jare lange droom om ’n professionele danser te word was skielik aan skerwe. Sonder ’n arm sou sy moeilik haar balans kon behou tydens draaie.

’n Paar kilometer van Ma Li se tuisdorp het ’n jong man in sy 20’s, Zhai Xiaowei soortgelyke nuus gekry. Ná ’n gru-ongeluk het hy sy linkerbeen verloor en daarmee saam moes hy verskeie van sy drome prysgee.

Vir ’n tyd lank het beide Ma Li en Zhai Xiaowei die deur vir depressie in hulle lewens oopgeskuif.

Toe, op ’n dag nooi ’n vriendin vir Ma Li haar om ’n kinderdansgroep af te rig. Skielik het sy haar passie vir dans herontdek. Sy is terug na haar voormalige dansstudio waar sy vir ure lank begin oefen het. Oor tyd het sy sterker geword en kon sy makliker haar balans behou.

Dit is toe dat sy van jong Zhai Xiaowei gehoor het. Zhai het nog nooit in sy lewe gedans nie. En was geskok toe Ma Li hom vra om saam met haar te dans. Sy eerste reaksie was ’n heftige “nee”. Kan sy dan nie sien dat hy net een been het nie? Tog, ’n paar dae later het Zhai by Ma Li se dansstudio opgedaag.

’n Nuwe pad het vir beide begin. ’n Pad met baie trane en frustrasie. Daar was selfs tye waar Zhai kwaad op sy krukke by die studio uitgestrompel het – met die dreigement om nooit weer terug te kom nie. Tog het hy elke keer. Die paartjie het verbeter en gou het hulle ’n choreograaf gekry om vir hulle roetines uit te werk. Hulle was gereed en die wêreld was aan hulle voete. Tog kon niks hulle voorberei vir die groot oomblik toe hulle onlangs ’n moderne danskompetisie in China gewen het met hulle Hand in Hand roetine. In trane het Ma Li na die tyd gesê: “Vandag het ek besef dat mens se drome eers die dag sterf wanneer jy moed opgee. Tot dan is daar altyd iets om voor te leef”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s