Kyk weer…


Ek het vandag weer besef dat ek heeltemal te vinnig tot sekere ‘conclusions’ kom. Ek kyk dalk na mense en situasies met vooropgestelde idees…

John het vandag vertel van iets wat hy eendag ontvang het en hom baie ontstel het. Daardie nag het hy gebid en eers sy trots bely as sonde en sy hart oor die hele saak met God uitgepraat. Met rus en vrede het hy aan die slaap geraak en die volgende oggend het alles wonderlik inmekaar gepas en dit wat hom ontstel het het egter ‘n klomp dinge verbeter.

Ek het nog altyd ‘n probleem gehad met “first impressions last”. Tog sukkel ek om situasies ook die selfde te evalueer. Dit is nie net mense wat indrukke kan laat wat net ‘n klein stukkie van ‘n geheel is nie, maar ook ander belewenisse.

TO VIEW REALITY from a slightly different perspective often yields a view of things totally unlike what they appeared to be. If we take just a couple of steps in another direction, what we view as reality is often profoundly changed.
(A Guide to Prayer for All Who Seek God (P.59) by Norman Shawchuck and Reuben P. Job. Copyright © 2003 by the authors. Published by Upper Room Books.)

Selfsugtige trots kan in baie gevalle dit wees wat jou verblind sodat jy nie die waarheid kan raak sien nie. Soms het jy nodig om net weer rustig te word en dinge op ‘n ander wyse te benader. As jy sukkel daarmee maak soos John en gaan lê dit by Jesus se voete neer. As jy dan toelaat dat God deel hiervan word kom Sy rus en vrede ook in die situasie in.

Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle hart; maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem. Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here heers, daar is vryheid. En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.
(2 Corinthians 3:15-18).

Ek bid dat ons almal sal leer om ons emosies te beheer deur dit aan God op te dra en Hom dan kans te gee om ons oë te open vir die waarheid…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s