vas
verstrengel
gekoek
gestoeistaan ek tussen gister en vandag
more roep onbekoorlik
die tyd nader en nader en nader
aan die vrese in my jong,
so vreeslike jong
hartdie dik swart strepe geëts op die dae
wat vlugtelik
in ‘n koma verby gaandik swart strepe op vandag se slegte nuus en hartseer
pyndik swart strepe op more se profielblad
die buite lyne van seer
die inkleur van verwarring
emosies deurboor emosies
sag
gaan
staan
my hart
onder
‘n Koelte Boom
op
Golgota.