God se beskerming


Hy alleen is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie.
Hoe lank sal julle aanstorm op ‘n man, julle almal hom verbrysel soos ‘n muur wat oorhang, ‘n omgestote klipmuur?
Ja, hulle hou raad om hom van sy hoogte af te stoot; hulle het behae in leuens; met hul mond seën hulle, maar met hul binneste vloek hulle. Sela.
Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!
Sekerlik, Hy is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie wankel nie.
By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God.
Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is ‘n toevlug vir ons. Sela.
Ja, nietigheid is die mensekinders, leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid.
Vertrou nie op verdrukking en bou geen ydele hoop op rowery nie; as die vermoë aangroei, sit daar die hart nie op nie!
Een ding het God gespreek, twee is dit wat ek gehoor het: dat die sterkte aan God behoort,
en aan U, o Here, behoort die goedertierenheid; want U vergeld elkeen na sy werk
(Psalms 62:2-12).

Bid gerus saam met my:

Here, ek wil vandag sing van U krag, ek wil U met vreugde eer en prys vir die feit dat U my veilige vesting is.Dat ek by U kan skuil – geborge. Dankie dat U liefde so hoog soos die hemelis en U getrouheid hoër as die wolke.

Leer my om voordurend na U teenwoordigheid te soek, veral as ek moeg en moedeloos geword het. Dankie dat U soos ’n fort vir my is waar ek veilig kan skuil. Ek wil altyd binne hierdie beskerming van U bly. Dankie dat U die teleurstellings in my lewe altyd met groter seëninge bedek. Ná die storm en onweer, is daar altyd die indringede milde reëns vir my siel. Dankie dat U my Vader is.
Amen

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s