MMC 2009


MIGHTY MEN CONFERENCE 2009
MEN OF PROMISE GALATIANS 4:28

This is an awesome theme not just for this weekend, but for life…
As always, it started of with a good heart-to-heart with all the men at MMC’09. The challenge was to return to the basics in your relationship with Jesus Christ. This challenge might be (or will be) tough, but STICK TO IT!!!

The whole weekend amplified this theme over and over again… and when Angus got sick each and everyone was again challenged to focus on Jesus Christ.

Read more

The DVD’s of MMC 2009 and some other great things are available, you may order the caps, shirts, books and DVD’s from the online-shop.

2 thoughts on “MMC 2009”

  1. Ek het die 2009 MMC bygewoon. Oom Angus het genoem dat daar vir die eerste keer ‘n ‘MMC’ / Fathers and Sons gehou gaan word in Engeland. Die Heilige Gees het die uit-tog op my hart gele. Ek het ook dadelik vir die mense saam wie ek by die MMC was, gese ek gaan die 10de Engeland toe! In my hart het ek toe nog nie geweet hoekom nie, maar gaan, die gaan ek!

    Ek het my vrou van Fathers & Sons vertel: Het Shalom en Healing the Land gekontak vir besonderhede en en en… Andre Greyling, die toer-leier het vir my alle inligting deurgestuur, met natuurlik die koste implikasie. Ek het vir hom gterug laat weet, eks in! Maar in my hart: Die trip is nogal duur, vir ‘n naweek in Engeland.

    Ek het een oggend in gedeelte uit Handelinge gelees: Handelinge 18:9-10. Die Here het toe vir my gese, dat ek moet gaan, Hy sal voorsien. Ek het toe dadelik my bespreking gefinaliseer met Andre. Maar hoekom ek gaan, die weet ek toe nog nie….

    Een oggend het een van die vrouens, Annie van Rensburg, hier by ons kantore (ons hou elke Maandag en Donderdag oggend Bybel-studie saam en is nou baie goeie vriende) na my toe gekom met ‘n teks uit Romeine 10:15. Die teks het vir my net weer gese, ons moet oorgaan en net voetstappe vir Jesus Christus wees. Ons moet nie oorgaan en met die ‘Bybel onder die hand loop nie’, ons moet net gaan, ons-self wees, die Here te gaan loof en prys, in Sy Naam!!!! Die Heilige Gees sal die res doen!!! So maklik soos dit: Dit was die openbaring aan my, ons hoef juis niks te gaan doen nie, maar oorgaan, die moet ek.

    Ons groep van 23 het mekaar die 10de Junie 2009 by OR Tambo ontmoet – ek was natuurlik weer laat soos gewoonlik, die keer as gevolg van die verkeer. Die aand het ons vertrek na Cairo en sou die volgende middag ongeveer 3h (4h SA tyd) in Londen arriveer.

    Donderdag-oggend: Oom Angus en sy span (span van 4) vetrek uit Pietermaritzburg na JHB, om hul connection flight te kry na Londen. Oppad na JHB, tel hul ‘n maganiese fout met die vliegtuig op. Die kaptein het glo gese moet omdraai Durban toe, om ‘n ander vliegtuig te gaan kry. Toe hul op Durban land, was daar geen ekstra vliegtuie en moes toe wag vir die regmaak van hul vliegtuid. Intussen hardloop hul uit tyd uit – die vlug van JHB na Londen moet vetrek.

    Soos ek se: Hul is ‘n span van vier (4) op ‘n boeing. Wat is die kans dat hul aanvra vir ‘n spesiale clearance na JHB, vir vier mense? Amper onmoontlik, dink ek. Wel, hul het toe gereel gekry dat hul direk JHB toe kon vlieg, en ek aanvaar dat daar ‘n paar wysigings moes wees op van die ander vlugte na en van Durban. Dit is amazing!! Dit is nie toevallig nie! Dit is God-vallig!

    Uit Durban het hul toe opgestuig en hul vlug in JHB na Londen met, as ek reg onthou, 3 minute gemaak. Weereens, God-vallig!

    Ons groep van 23, arriveer toe Donderdag-middag ongeveer 3h (Londen se tyd) in Londen. Die doane help ons toe om by spesiale punt deur te gaan, vir groepe natuurlik. So gaan die een na die ander van ons groep deur. Soos die duiwel dit wou gehad het: Toe ek by die dame kom, vir haar om my paspoort te ‘scan’, toe se sy vir my: “sorry sir, your passport was reported as either stolen or lost in 2006”. Ek se vir haar toe dat dit onmoontlik was: Ek het in April 2006 na die UK ge-travel. In 2007 SA verlaat, in 2008 ook, en ek wys haar my ‘stamps’. Sy laat my toe een-kant toe staan en laat die res van die groep deur. Andre Greyling se broer, Dewald, wat ook die toer gehelp reel het, gaan toe ook voorentoe, vir sy paspoort om ge-scan te word. Soos die duiwel dit wou he, is sy Visa wat hy die Maandag, 08 Junie 2009, gekry het, as ‘n fout bestempel. Volgens ‘n brief wat die ambasade aan die lughawe gefaks / epos het die Donderdag-oggend, kon hy nie deur gaan nie, agv ….. wie weet. Maar kom ek vertel jou, die duiwel wou ons nie daar he nie!!!

    Na ‘n lang ruk, is hy toe deur – ek weet nie wat hul presies vir hom gese het nie, maar in Londen, die was hy. Met hulp van ons Hemelse Vader!!

    Ek in die ander-kant, sit toe en wag vir die vrou wat my gehelp het. Sy kom ‘n eerste keer terug. Sy het toe vir Binnelandse Sake gekontak, en hul het net weer telefonies gevestig dat hul niks vir my kan doen nie, en dat ek of terug SA gestuur moet word of …. kan my in land laat, maar sal moet aansoek doen vir nuwe paspoort. Ek se toe weer vir die vrou, maar hoe kan dit wees, want ek was net die vorige aand uit my eie land uit????? Hoe werk dit?????

    Sy het my punt verstaan en wou help, maar kan glo nie veel doen nie. Hul werk op SA se binnelandse sake se sisteem. Sy se toe sal ‘n laaste keer probeer. Na ‘n lang ruk (wel het lank gevoel), kom sy weer terug met ‘n brief. En glo my, intussen het ek gebid, soos in die ou dae!!! Hahahah…..

    Sy se toe vir my, sy weet nie hoekom nie, maar sy moet my in die land laat gaan, sy gee my toe ‘n ‘Border-letter’, en se as die polisie of wie ook al my voorkeur, kan ek die genoemde dokument vir hul gee, wat bevestig dat ek ‘legal’ in die land is. Nou maar is dit toevallig, nee my ou maat, dis God-vallig!!!!!

    EN ONTHOU: Ons kon nie se dat ons na ‘n Christelike konferensie toe oppad is nie, nee, agv Engeland se nuwe wetgewing wat geen sending werk in UK toelaat nie. Ons het net die plaas se adres en Hotel in Londen se besonderhede gegee waar ons die laaste aand sou oorbly. Die vrou by die grens-pos het nie geweet hoekom ons daar was nie.

    Sy was baie behulpsaam. Sy het my die SA se Embassy se telefoon nommer gegee en gese hul sal my nou moet help om nood-paspoort te kry.

    Ek bel die eerste keer: Hul foon lui net. Ek bel ‘n 2de keer: Skakelbord tel op, sy sit my deur na ‘n konsultant, die se voice mail gaan aan. Ek bel ‘n 3de keer: Sy sit my deur na iemand, Patrick. Ek verduidelik hom my situasie en dat ek Maandag weer moet terug vlieg SA toe. Hy het toe vir my gese, dis feitlik onmoontlik. Hy werk al lank daar, en nog nooit kon hy ‘n nood-paspoort in minder as 5 werksdae kry nie! Want by hul kantore word die vinger-afdrukke geneem, die met die aansoek-forms word dan gestuur na Pretoria, waar hul alles moet goedkeur en en en ….. Dan eers kan hul nood-paspoort uitreik! Patrick se toe vir my, ek moet maar die volgende oggend (die Vrydag oggend) 9h by hul kantore wees met 4 paspoort foto’s. Dan sal hy kyk wat hy kan doen.

    Menslik: Stress Stress Stress….

    Gelukkig Annie by my kantoor se man, Cornelle, weet ek gaan ook na die Father & Sons konferensie toe die Vrydag middag uit Londen. Hul het vroeer as ons Engeland toe gevlieg, om bietjie by hul kinders te gaan kuier.

    Ek bel dadelik vir Annie, reel met haar vir ‘n ‘lift’ die volgende dag na die konferensie – na die tyd se sy toe vir my dat haar foon normaalweg af is deur die dag as sy by haar kinders kuier in Londen, luister net in die aande na haar boodskappe. Maar kan jy glo, haar foon was daardie middag aan. Nie toevallig nie, God-vallig, dis verseker!!!!

    Ek het my groep toe agter gelaat, of liewer, hul het my agter gelaat in Londen. Hul is toe weg met bus na plaas waar die konferensie sou wees.

    Ek is nou gedruk vir tyd. Moet ‘n Hotel kry en nog paspoort foto’s neem vir my nood-paspoort. En is al 4:45h. Winkels maak 8h toe. Soos die duiwel dit wou gehad het, is die ‘underground’ op staak. Dus net van die treine loop. Moes 4 treine spring om by Piccadilly Circus te kom, wat naby Embassy is, en het toe baie tyd gemors. Ek en my vrou ken die Recent Palace Hotel in Piccadilly Circus, waar ek natuurlik wou by gaan slaap. EN is onder konstruksie!!!! Die duiwel, die duiwel, die duiwel!!! Ek was sou negatief. Ek loop rond, opsoek na Hotel, eerste 3 hotelle vol, Backpackers, vol!! Ek begin toe bid soos ek loop: Die Here wys my ‘n Hotel in een van die nou gangetjies. Ek kom by ontvangs, en dametjie gee my die LAASTE kamer in Hotel!!!!! Amazing!!!!!

    Het my goed in Hotel gaan neersit, rond gevra vir plek om paspoort foto’s by te gaan neem. Hardloop letterlik rond. Kry niks. 15 minute voor die winkels toe maak, wys die Here vir my ‘n plek, ek neem toe foto’s.

    Nou moet ek ook se: Daar was baie mense wat toe op daardie stadium vir my gebid het. Prys die Here!!!!

    Die volgende oggend stap ek toe Embassy toe, net 15min se stap van Hotel af. Wys jou net, die Here het nog vir my ‘n Hotel gegee naby die Embassy ook. Kwaai ne?

    8h die oggend was ek al daar. 2de in die lyn. Ek stress!!!! Menslik… kleingelowig, sal ek dit liewer noem. Ongeveer 8:30, uit die bloute uit: Kom daar ‘n vriend van my wat ek in Matriek laas gesien het, Ruben Olivier, na my toe aangestap. Ons het lekker gesels, en hy bly ook nou al 6 jaar in Londen. Ek verduidelik my situasie vir hom, en dadelik het hy vir my gese: dat ek by hom / hul kan gaan bly, so lank ek wil, tot dat ek my paspoort uit gesort het. Kwaai ne!!!! Dit is asof die Here vir my gese het, Hy is in beheer, ek moet net ophou stress. Dit het my toe al reeds baie gerus gestel!!!

    9h maak die hekke oop! ongeveer 9:30 het Patrick na my toe gekom, my laat forms invul. Terwyl ek die relevante forms invul, roep ‘n man en vrou my uit die bloute. Daar is baie mense wat in die vertrek was, hoekom sy my geroep het, weet ek nie. Sy vra my toe wat maak ek daar en en en ….

    Ek se toe dat ons hier is vir die Fathers & Sons Konferensie, en dat Oom Angus die aangeleentheid gaan toespreek. Net daar bid sy en haar man vir my. Twee Britte. Kan jy dit glo. Die Here het net daar vir my gese en die rustigheid gegee dat ek moet net onvoorwaardelik glo, Hy is in beheer en sal sorg!!!!

    Vir die eerste keer in my lewe het ek aan iets geglo, wat teories onmoontlik was, onvoorwaardelik geglo. Ek het geen twyfel in my gehad nie. Normaalweg het ‘n mens mos daardie twyfel.

    My forms was ingevul, my vinger-afdrukke geneem, en ek was oppad na my Hotel om my tasse te gaan kry en trein te vang na Suid-Engeland, waar ek my lift sou kry, na die konferensie.

    Ek moes ‘n ‘underground’ ry en toe ‘n spoed-trein na…. kan nie onthou nie, maar was so 45minute se ry weg uit die stad uit. Ek het my kaartjie gekoop, moes ‘platform 2’ toe. Kry nie die platform nie!!! Vra by information… Die man agter die toonbank wys my, maar gese sal moet hardloop om trein te vang. Hy sou 11:02 vertrek. Ek hardloop toe en dis asof die Here vir my gewys het deur watter hekke om te gaan en 2 sekondes voor die trein vertrek, is ek in die trein in. Amper of ek het trein gemis. Die volgende trein sou eers weer oor 30min vertrek. En jy weet mos, in Engeland is al die publieke vervoer 100% op tyd. 11:02 toe vertrek die trein.

    Het my lift gekry en by plaas aangekom. Almal was bly om my te sien en was vir my lekker om weer hul te sien.

    Andre Greyling en van die ander manne van die groep het gese dat hul al bietjie met van die manne wat al daar was gepraat het. Ongeveer 60% van hul was Suid-Afrikaaners wat in Engeland bly. Die Suid-Afrikaaners gaan dit nie mee baie goed nie, geestelik natuutlik, kon dit op hul gesigte en lyf-taal sien.

    Die Vrydag-aand se byeenkoms was bygewoon en Saterdagoggend s’n weer. Net voor ons uit Saterdag-oggend se byeenkoms stap, het Oom Angus gese, dat ons uit tent moes gaan, en met niemand praat nie, en vir 30min, net erens op die plaas gaan sit, en tyd met die Here spandeer. Dit was asof na daardie 30min, die gees van die manne op die plaas, net so verander het!!!! Dit het gelyk asof ‘n mens hoop op hul gesigte kon sien, hul lyf-taal het boek-dele gespreek…. dit was net amazing om te gesien het!!!

    Saterdag-aand te byeenkoms het ook toe aangebreuk: Ons groep sou Oom Angus na die byeenkoms gaan ontmoet. Dus, net na die byeenkoms, is ons klomp haastig oppad na Oom Angus toe. Net toe kom daar ‘n Engels-man uit die bloute, as ek reg onthou, sy n aam was James. Hy tik my op die skouer en se dat hy vir ons groep Suid-Afrikaaners ‘n boodskap het vanaf die Here!

    Ek het toe vir hom gese, dat ons gou vir Oom Angus gaan ontmoet, maar na die tyd is hy meer as welkom om na ons tent te kom.

    Na Oom Angus te ontmoeting en James ons toe kom toespreek. Amazing!!!

    Net voor ek verder gaan: Ons het onder ons voor die tyd ook onder mekaar bespreek, hoekom ons nou op die konferensie gekom het en wat God se doel is met ons?? Jul weet nou wat die Here vir my gegee het voor ek op die vliegtuig geklim het….

    James het ons vertel van ‘n droom wat hy gehad het, toe, ‘n paar maande terug. Hy het toe nie geweet wat die droom beteken nie. Hy het met sy Ds. die droom gaan bespreek. Maar die Ds. kon ook nie antwoorde vir hom gee nie. Die Sagterdag-aand byeenkoms het die Heilige Gees vir hom gese, daardie droom, daardie boodskap is vir ons Suid-Afrikaaners. Amazing ne!!!!!

    Hy het begin en gese ons Suid-Afrikaaners is in ‘n oorlog. Jy mos ons gesigte gesien het toe hy dit gese het… wat bedoel hy nou??….

    Hy het genoem dat in die Britse Eilande dit baie sleg gaan wat morele waardes betref ens ens. Hy se as jy die TV aansit, op advertensies is daar pornografie. Ek het die Donderdag-aand in Londen gesien hoe het die naglewe verander van 2006 af. Daar is nou groot sex-shops, kinders van jong ouderdomme le op strate met hul ouens, is net die gesond nie, dink ek.

    James het ook gese, ons Suid-Afrikaaners is baie bevoorreg om kerke te he, wat ons het, hul ken dit nie, en al die Christelike byeenkomste, hul het dit nie. Die oorlog waarvan hy gepraat het, was dat ons moet terug kom SA toe, ons moet nie skaam wees om Christene te wees nie. Ons moet nie net se ons is Christene nie, ons moet dit uitleef!!!!!!!

    Hy het ook gese, hy voel ‘joy’ onder ons. As hy by ons tent kom kuier ons gesellig, sonder drank, gooi die rugby bal vir mekaar, hy se daar is net iets tussen ons, wat hy nie kan beskryf nie.

    En weet jy wat: Ons het nie ‘met die Bybel onder die hand’ geloop nie. Ons het sommer net lekker gekuier, asof ons mekaar al jare ken!!! Ons was net ons-self!!!! Ons het nie eers geweet ons het die invloed op hom gehad nie. Hy het actually na ons opgekyk, en ons bedank dat ons 9000km, op ons eie onkoste gevlieg het om net daar te wees!!!!

    Hy en baie ander het dit baie wardeer dat ons net daar was!!! Ons was siele van Christus. Die Heilige Gees het die werk gedoen, en alle krediet vir die Here!!!! Prys die Here!!!!

    Interessant: Die boodskap wat hy ons daardie aand gegee het, was presies dieselfde wat die Here vir ons as groep of natuurlik vir my gegee het. Dalk nie in dieselfde Skrifgedeelte nie, maar die boodskap was dieselfde. Dat ons moet die Here se Naam uitleef, maak nie saak wat nie, nie worry wat ander van ons gaan se nie, of gaan dink nie, net as kinders van die Here sal lewe!!!

    Dis ook nie toevallig dat sy boodskap en ons s’n dieselfde was nie, dis God-vallig. Wat is die kaans, iemand uit die bloute te boodskap is presies dieselfde as ons s’n. Amper onmoontlik. Maar weereens, in God se oe is net mooi niks onmoontlik nie. Ongelooflik ne??? Of sal ek liewer se, Gelooflik!!!

    Een van die manne van SA het nie saam ons gevlieg nie, hy het ook met ander vlug gevlieg om sy seun te gaan haal en hom na die konferensie te neem. Hy was ook by MMC 2009. Die Here het vir hom gese, die konferensie is ‘n geleentheid om sy stief-seun wat in Engeland woon, by te woon. Hy het sy seun gebel, en sy seun het gese, as sy pa kom, sal hy gaan. Hy het seker gedink sy pa gaan nie kom nie…..

    Sy pa het toe gegaan en sy seun konferensie toe gevat. Die stief-seun, is ‘n uitgesproke ‘atheust’!!!

    Nou jy en ek weet: Om met iemand te praat oor geloof of oor politiek, dis uit!!! Selfs as twee Christene met mekaar praat, is daar ook verskille en lui soms tot ‘n ongemaklikheid.

    Hier kom ‘n ‘atheust’ na ‘n Christelike konferensie toe saam met sy stief-pa. Is dit nie al klaar amazing nie!!!! Ek het hom dop-gehou: hy het saam ons die Christelike liedjies gesing en op ‘n stdium het Oom Angus vir siekes gebid en hy het sy hand opgesteek. Amazing!!!! Hy het aan alles deelgeneem!!!

    Ek het eintlik nie woorde nie…..

    Die Saterdag-aand het ek, Andre Greyling en Pieter (die atheust) gepraat tot half 2 die volgende oggend oor geloof en en en…..

    Op ‘n stadium se ek toe vir hul: Dis net amazing dat ons drie so rustig met mekaar kom praat oor wag elkeen van ons glo en dink. Niemand het kwaad geword nie, dis asof die Heilige Gees ons gehelp het!!! Pieter het eintlik ‘n baie geldige punt hoekom hy nie glo nie. Hy is ‘n abie tegniese persoon en lees baie na oor die sterre-stelsel, geologie ens. Hy het die Bybel ook al 2 keer deur gelees, as ek nou reg onthou. Dus, hy is baie oop-kop oor alles. Hy het die aand ook vir ons gese, hy het na die konferensie gekom, want hy weet hy het niks om te verloor nie. Hy het dit vir sy stief-pa gedoen.

    Op ‘n stadium vra hy vir ons, maar hoekom glo ons? Moeilike vraag, baie moeilike vraag! Daar was vir ‘n sekond of wat doodste stilte. Ek kan nie vir hom se hy moet die Bybel lees nie, want die het hy al gedoen, en die Bybel is vir hom soos in sprokie-verhaal, wel, so het ek dit verstaan. Want hoekom glo hy nie?

    Ek het nie baie uitgebrei nie: Maar se toe vir hom, dat ek in 2008 by MMC my hart vir die Here gegee het. Ek het my eie besigheid, het altyd ge-worry oor die dag van more (gaan ek werk he en en en), my stress by die huis op my vrou uit gehaal. My verhouding met my vrou was nie sleg nie, maar nie soos God dit wou gehad het nie. Ons het elkeen appart Bybel-studie gedoen, appart gebid. Na MMC 2008 het die dinge drasties verander! Ek en my vrou is nou nog liewer vir mekaar as ooit tevore! Ons doen Bybelstudie saam, ons lewens het verander. Die Here het vroeer so baie vir ons gedoen, wat ons toe eers raak gesien het, en besef het. Ons het die Here dankie gese en Hy het ons net nog meer geseen!! Op ‘n Geestelike vlak, en sommer in alles!!!! Ek was Okt 2008 in ‘n motor-fiets ongeluk, ‘n taxi het voor my ingery, dit kon baie lelik gewees het, Dr het gese hy dink my jeup-been is gebreuk, op die ou end net gekraak!!!!! Ek is weer op en aan die gang! Bid nog steeds vir genesing! Kan al klaar weer rond-hardloop saam my honde. Dit was ‘n wonderwerk!!! Ek en my vrou wou toe ook begin met kinders. Dokters het vir ons gese, agv haar geskiedenis met die bloedklont wat sy in haar long gehad het en haar oorerflike siekte, is die kans dat ons die eerste keer gaan regkom met ‘n baba, nie groot is nie. En as ons swanger raak, is die kans baie groot vir ‘n miskraam en dat sy haar konstant moet spyt met … om haar bloed dun te hou. Ag net soveel komplikasies!!! Ons het gebid oor die saak. Die Here het haar swanger gemaak met die eerste probeer-slag!!! Hhaahahahhaah…… kwaai ne!!!???? Sy het vir toetse gegaan (baie bloed-toetse) en alles was positief, sy is nou 35 weke, nie een keer haarself moes spyt nie, geen miskraam, inteendeel, alles is reg en ons verwag vir Sumari die 31 Julie!!! Kan nie wag nie!!! Dis ‘n geskenk van Jesus Christus aan ons. En dis net weer vir ons een groot wonderwerk!!! Ek het ook baie verkeerde dinge al in my lewe gedoen, verkeerde besigheid-besluite geneem, ter wille van geld (wereldse goed). Na MMC 2008 het ek na mense toe gegaan wie ek kwaad aan gedoen het, en glo my was ongelooflik moeilik. Maar hul het my met ope hande ontvang en inteendeel gese, as ek ooits weet iets nodig het, kan ek op hul knoppie druk. Is dit nie net amazing nie!!!! Prys die Here!!!! Ek was altyd bang ek loop een van hul mop straat raak, wat gaan ek dan vir hul se? Nou is daardie juk van my skouers af!!!! My verhouding met my vrou is beter, my verhouding met die Here is beter, ons verhouding met die Here is beter, my besigheid gaan dit nie sleg nie, en het geen stress meer nie. My lewe het verander!!!!! Ek se toe vir Pieter: Dis hoekom ek glo, want die Here het my hele lewe en uitkyk op die lewe verander. Hy het mense om my verander.

    Pieter het vir ‘n oomblik stik gebly….. en verder tot vroee oggend ure gechat!!!

    Net voor ons gaan slaap, het hy vir my en Andre gese, hy gaan daardie Sondag-oggend sy vrou gaan haal. Hy het gese, ons ouens is Maandag weer oppad terug SA toe en dan bly hy agter, dis hoekom hy sy vrou wou gaan haal, dat sy kan sien wat hy beleef het. Hul bly so uur en ‘n half suid van die plaas waar die konferensie was. Sy vrou is ‘n Christen en probeer al lank met hom te werk, so ook sy res van sy familie. Hy het die Sondag-oogend sy vrou gaan haal. Sy het die Sondag-oggend byeenkoms saam hom bygewoon, soos gebruik by ons MMC ook, dat vrouens die Sondag-oggend kan bywoon.

    Die Sondag-oggend na die byeenkoms net voor ons op die bus klim, het Pieter en sy stief-pa ons kom groet. Ons ‘n hand-druk gegee, en gese: Dankie wat ons vir hom beteken het. Soos ek gese het, Pieter is ‘n persoon wat baie oop-kop is oor goed en ook baie eerlik. Hy het daardie oggend vir ons gese: Hy is nog nie daar nie, maar is ‘n baie beter mens as wat hy Vrydag was!!!

    Dis mos ‘n wonderwerk!!!!!!!

    Goeies!!!!!

    Sondag-oggend se diens het Oom Angus vir die eerste keer wat ek hom gehoor praat het, gehammer op saam bly voor die huwelik! Op ‘n stadium het hy net stil gebly en gevra: Wie van jul bly saam en is nog nie getroud nie. Niemand het niks gese nie, was dood stil! Maar die mense was diep geraak, kon dit aan hul gesigte sien. Na ‘n ruk het ‘n couple op gestaan, die trane het gestort. Dit was amazing! Daar dink ek het nog iets soos 4 couples na vore gegaan. Oom Angus het hul getrou in die naam van die Here Jesus Christus!!!! Hy het daar gese, as hul nie geweet het dit was sonde nie, ….., maar nou weet hul dis verkeerd, en dis nie wag Oom Anus gese het nie, dit staan so in die Woord van God, die Holy Byble. Ins wat in die Woord staan is waar!!! In Johannes 1 word daar gepraat van die Woord, en die Woord is Jesus. Dus, wat in die Woord staan, kom van Jesus self!!!!

    Daar het mense hul harte vir die Here gegee en hul was getrou in die naam van die Here. Oom Angus het wel gevra dat hul daardie opkomende week hul huwelike wettig gaan maak by binnelandse sake. Maar hul was toe getrou in die Naam van die Here en kon daardie aan huis toe gaan as man en vrou!!!

    Ons het vertrek na Londen, waar ons die diens sou bywoon in die NG Kerk, waar Oom Angus weer sou praat. Ons het daar aangekom: Die kelder was gepak, die kerk-self was net so gepak, inteendeel, mense het in die gange op die vloer gesit, die balkon was gepak. Was amazing om te gesien het!!!! My opinie en gevoel wat ek daardie aand gekry het, was dat meeste van die mense wat teenwoordig was, gegaan het omdat hul of gehoor het daar gaan ‘n spreker weer of omdat hul net eenvoudig daar moes wees, omdat dit die regte ding is om te doen op ‘n Sondag. Ek kan verkkerd wees, dis maar my opinie en gevoel wat ek beleef het.

    Die Ds het die verigtinge ge-open en Oom Angus en sy span verwelkom. Oom Angus het begin praat, maar die mense was ‘dood’. Jy weet mos, Oom Angus kan mos so lekker AMEN skree, dan skree ons groep van 23 en ander wat die naweek op die plaas was saam soos een man!!!! Die ander in die kerk het nie geweet wat trek hul nie, hul het rond gekyk en gelag. Oom Angus het weer bietjie geraak oor saam bly voor die huwelik, maar niks gese wat die oggend op die plaas gebeur het nie – wat die trouery betref nie.

    Oom Angus was klaar en het af beweeg om van sy boeke te teken en met mense te praat.

    Ons groep het die musiek-fabriek gou gaan vra om vir ons die Onse Vader te speel, en het soos een man dit in Afrikaans gesing!!!!! D I T WAS AMAZING!!! En na die tyd afgesluit met 4 AMEN’s!!! Net daar na toe kom oom Angus met ‘n jong man, wat hy trek op die verhoog. Hy stop almal wat besig is om uit die kerk te beweeg.

    Oom Angus se: die jong man het vanaand sy hart vir die Here gegee, en wat hy en sy girl-friend besig om te doen is nie wat die Here van hou nie. Beide die jong man en sy girl-friend was in trane!!!! Oom Angus het ringe aangevra, hy het vir haar gevra om te trou, voor almal en Oom Angus het hul getrou in die Naam van die Here!!!! Net daarna, toe kom daar nog, ek dink 4 paartjies, wat ook wou trou! Oom Angus het toe nogal gespot en gese hy gaan moeilikheid kry by hul ouers…. hahahahah…. maar die is ‘n saak tussen 2 mense. As 2 mense mekaar baie lief het, en bly saam, moet hul trou in die Naam van die Here.

    Die mense in die kerk was baie diep geraak en kon dit sien op almal se gesigte. Dis asof die mense se houdings net daar verander het in ‘n positiewe manier!!! Kan dit nie in woorde omsit nie. Ons het met van die mense gepraat na die tyd, daardie mense het met hoop en volmoed gepraat!!!! Prys die Here!!!!

    Na ons 2 ure kerk-diens, het ons groep opgesplit en iets gaan eet. Een van die ouens het die aand toe vir my gevra, maar wat van as ek nou nie more my paspoort kry nie…. Ek het vir hom gese, my ou maat, ek gaan nie more om te hoor asof my paspoort reg is nie, nee, ek gaan hom haal. Ek sien jul more op lughawe!!!! Ek het nie een van die manne daardie aand gegroet nie. Want ek het geweet die Here het my paspoort reg om saam die manne terug te vlieg!

    Die aand na ete kom ons by die Hotel, en hoor toe van een van ons groep-lede wat voedsel-vergiftiging gehad het, moes toe hopitaal toe gegaan het, en was op drip gewees vir, ek weet nie hoe lank nie. Die aand het die Hopitaal hom ontslaan. Lenn, het toe vir Dr gevra wat hy hulle nou skuld vir tyd in Hospitaal en drip? Dr het toe vir Lenn gese, staan net op en loop. Moet nie worry oor die kostes nie!!!! Amazing!!!!!! God is groot jul!!!!!!

    Die Maandag oggend het paar manne wat Londen nog nie gesien het nie, na Big Ben, ens gaan kyk en foto’s neem! En ek natuurlik opppad Embassy toe!

    Daardie oggend 9h toe die deure oop maak: wie is die eerste persoon wat ek sien, Mr Patrick!!!! Ek staan daar toe met al my tasse voor hom en se ek is oppad lughawe toe, het 15h ‘n vlug om te vang. Patrick het net gelag, en gese: Mnr Oosthuizen, alles is in orde, ons wag net vir ‘n laaste hantekening!!!! ‘n W O N D E R W E R K!!!!!! In ‘n dag en ‘n half se tyd. Soos Patrick gese het, normaalweg 5 werksdae!!!!

    Ek is daar uit, kon vir ons baba nog ietsie by Harrods gaan koop en en en…. Het die manne op die lughawe gekry en nog saam hul ingecheck ook! Prys die Here!!!

    Ons land toe in Cairo, glad nie nice landing gehad nie, inteendeel, dit het vir my gevoel, dat die boeing 45 grade na links gedraai het toe die linker wiel die aanloop-baan raak en toe weer 45 grade na regs, was wild. Wel, dis hoe dit vir my gevoel het! Wat die coolste was, toe ons tot stilstand kom skree een van ons groep-lede 1-2-3, en ons as groep skree AMEN. Was net amazing en ander in die vliegtuig het met glimlag op hul gesigte gesit!

    Op ons vlug van Cairo af na JHB, het ek aan die slaap geraakm en seker koud gekry. Een van die ouens het die kombers oor my gegooi. Dis mos special!!! En om te hoor van mede Christene wat se: I love you brother!!!! Dis mos lekker!!! Dis was ‘n baie special trip!!!

    Ons het as 23 mans oorgegaan met een doel. Om die Here se naam groot te maak!!! Ons was mans uit verskillende agter-gronde, tog was ons almal soos vriende wat mekaar al jare ken! Ons het net ge-kliek!!! Prys die Here!!!

    Gewoonlik as jy ‘n geselskap aanknoop met iemand onbekends, word daar gevra, nou wat doen jy vir ‘n lewe. Ons het eers op ons vlug van Cairo na JHB, wel ek het toe eers gehoor wie doen wat. Is dit nie amazing nie. Ons het gegaan, nie ge-worry wie wat van ons dink nie, ons was in ‘n vreemde land, nie ge-worry wat ons waar doen nie, maar dit wat ons gedoen het, het ons in die Here se Naam gedoen, AMEN geskree voor ons Hotel in Kings Cross, dit was net amazing!!!!

    Het het oorgegaan en eintlik niks gedoen nie, maar soveel beleef!!!! En beteken vir ander!

    Die Here het my uit my gemak zone uitgehaal en het vry gevoel om net myself te gewees het nie skaam / bang gewees het om oor die Here te praat voor ander nie. Prys die Here!!!

    As ek nou terug dink: Ons sou die Sondag aand eintlik terug gevlieg het van Londen af. Ek het vir Andre voor die tyd gevra asof ons nie dalk die diens die Sondag aand in Londen kon bywoon nie en dan eers Maandag terug vlieg. Hy het sy reeling toe so gewysig en het toe eers die maandag terug gevlieg. As ons as groep die Sondag-aand terug gevlieg het, sou ek nie saam kon vlieg nie agv my paspoort. Dit wys net weereens hoe die Here gewerk het!!!!! Alles het goed verloop en die Here het ons beskerm ooral waar ons gegaan het.

    Dedagte: Ons moet nie bang wees om ons Christenskap uit te leef nie, die Here sal ons beskerm in alles wat ons doen en ons seen!!!! Dis nie te se ons moet op die straat-hoeke gaan staan en die Woord verkondig nie, ja dit ook, maar ons lewe moet so van aard wees dat ons ‘n voorbeeld vir ander kan wees!!!! Om ‘n Christen te wees, onvoorwaardelik vir Jesus Christus, ons verlosser, is nie ‘n maklike pad nie, maar wel die moeite werd!!!

    AMEN!!!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s