Die koninkryk binne in ons


Die skrif wat in my rondraai die afgelope 2 dae is:
*Die Koninkryk van God is binne ons.*

Ek sien die Koninkryk as volg: Jesus het gekom in die vlees en Hy was die Koninkryk met ons. Toe hy gekruisig is, gesterwe het en opgevaar het na die hemel het ons deur in Hom te glo, Hom ontvang, wie die Koninkryk is. Die Koninkryk is binne ons, so ons het dus die geleentheid om creatively dominion te neem op die aarde en te regeer in die wyse wat ons Koning (Jesus) vir ons wys. Dit is dus my visie om hierdie jaar werklik dit wat binne my is net uit te leef en dit is die manier hoe ek dink ‘n mens Sy Koninkryk kan vestig. Die probleem kom in wanneer ons nie in kontak is met God nie, want dan doen ons niks of doen ons dinge uit ons self… maar wanneer ons fokus op sy Koninkryk is (Nie na buite nie, want die Koninkryk is binne ons.) dan kan ons dit uitleef en Sy koninkryk vestig.

Hier is ‘n profound gedagte: Kan dit wees dat ons nie werklik weet hoe om te kommunikeer of in kontak te kom met God nie, dat die aarde is waar dit is, juis oor dit… Dink daaraan, as jy vandag presies kon *sien* hoe *lyk* die hemel dan sou jy geweet het hoe moet die aarde lyk en as jy die Woord van God kon ontvang en die instruksies van die Heilige Gees kon volg dan sou niks onmoontlik wees nie en die Here sal ons kan gebruik op enige sphere en op enige wyse. Maar dinge verander nie werklik soos dit moet nie. Die aarde is meer van ‘n gemors as ooit in die geskiedenis van die wêreld. In ‘n groot opsig het Christenskap van God ‘n afgod gemaak. Hy word ‘n goue kalf in so baie christene se lewens… Dis rof om dit so te sê, maar ek dink ons moet eg wees en vra na wysheid, meer bid, meer doen, meer gehoorsaam wees, meer effort in sit… Ek dink dit is een ding wat ons Christene dalk moet besef… daar is ‘n joke… ons het ‘n gedagte in ons dat ons nie in werke moet gaan nie, dat God sal alles doen…. eish… ek is besig om my denke hier oor te verander.

Om ‘n besigheid te laat werk, verg baie beplanning, harde werk, effort. Ons het ongelukkig nie daardie gesindheid oor die Koninkryk nie. Ons verwag dat die tuin van Eden moet more staan, maar soos Dr. Ben soms gepreek het, ‘it is little by little’… Ons moet dus beplan, strategie uit werk, vergader en bo alles werskaf in die Grond (mense) (kerk; tribe) wat die Here vir ons gee.

Ek het nou die middag gery en net ‘n awesome gedagte gehad!! Ek het die mees wonderlikste saad ooit ontvang vir die mens (Earth)! DIS JESUS!!! Hy is binne in my. Ek moet net luister en die Woord wees en doen (Do the Word) vir die Grond waarheen sy Woord (Koninkryk Vestiging) gestuur word.

One thought on “Die koninkryk binne in ons”

  1. Sjoe!

    Dit is so waar…

    Tog dink ek dat elkeen van ons reeds ‘n prentjie van die koninkryk ontvang het. Ons moet net gewillig wees om dit met mekaar te deel. Ons kan nie die volledige prentjie sien nie, soos Paulus gesê het: ‘… we know in part and we see in part…’.

    Dus het ons mekaar nodig om die volledige prentjie te kan hê. As ons in eenheid funksioneer en luister na die Gees van God, dan kan ons op ‘n plek kom waar ons die koninkryk help vestig. Want ons kan dit nooit op ons eie doen nie. Ons het altyd mekaar nodig en sonder God is daar in elke geval niks nie, dus niks om te bou of te doen nie.

    Ek dink ook ons weet nie hoe om te kommunikeer nie, ook nie hoe om na God te luister nie. Ons te besig en maak ook nie tyd om by Hom te sit en te leer om na Sy stem te luister nie. Ek is seker dat om meer tyd met Hom te spandeer sal ek leer om Hom beter te hoor…

    Ek dink ook ons misbruik God se naam in dit dat Hy vir ons ‘n goue-kalf geword het. Dit het te maklik geword om te sê “Die Here seën jou…” of “Die Here het gesê…”.

    Ons gee nie werklik ag op dit wat God doen nie. Dis soos jy sê, ons moet ook doen. Ons moet leer om soos God te doen, “all the ways of the Lord is mercy and truth”. Dit is dus hoe ons ook moet doen.

    Natuurlik kan ons niks hiervan doen as ons nie Sy liefde kan ontvang nie. Ons moet Jesus ontvang as die saad van die lewe, maar ook Hom in ons lewens plant. Dit kos soms van ons om Hom in ons te plant want ek moet kies om Hom met Sy goddelike lewe in myne in te neem. Dit veroorsaak dan effense probleme, want alles wat donker in my is rebelleer hier teen. Sy lewe is Lig. So moet die duisternis altyd plek maak vir die Lig. Ons hou nie hiervan nie…

    Die Lig verander ons, soos jy ook gesê het “His love shapes us”. Dan begin ek om Hom te lewe – dinge op Sy wyse te doen…

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s