Hierdie is die definisie van “prodigal” …
Die Afrikaanse titel “Die Verlore Seun” het baie minder inpak as die Engelse “The Prodigal Son”. Die storie wat Jesus vertel het handel oor baie meer as net die verlore seun dus is die Engelse titel meer beskrywend.
Steeds voel ek dat die storie oor baie meer as die verlore seun gaan. Die titel wat aan hierdie skrifgedeelte gegee is beperk die betekenis wat in hierin gevind word.
Die Vader van die twee seuns speel ‘n belangrike rol, die oudste seun en die dienskneg ook. Dus het ek die Boek “Return of the Prodigal Son” deur Henry Nouwen baie geniet. Hy het die persepsies en beelde verskuif van die een persoon na die volgende sodat die hele storie baie beter verstaan word. Die rol van ons as mens kan in die karakters van hierdie storie gevind word.
Lees gerus die boek as jy hierdie storie beter wil verstaan…