Begin jy jou dag reg?


Ek het so rukkie terug ‘n epos ontvang wat gesê het, “Begin jou dag reg!”
Dit is so waar – hoe jou dag begin bepaal grotendeels hoe jou dag gaan verloop.

Ek het gister oggend met ‘n irritasie wakker geword, nie veel daaraan gedoen nie en dit het ‘n groot deel van my dag bederf.

Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.
Dit het van die HERE gekom; dit is wonderbaar in ons oë.
Psalm118:23 en 24

Die epos het die volgende gesê:

Tree positief op vandat jy jou oë in die oggend oopmaak. Moenie toelaat dat jou fisieke toestand vir jou voorskryf hoe jy moet voel nie. Verseker jouself telkens dat dit ‘n voorreg is om te kan lewe en wees dankbaar dat jy die uitdagings van ‘n nuwe dag kan aanvaar. Sê vir God: “Dankie, Vader, vir die skoonheid van hierdie nuwe dag en vir die voorreg om dit in u liefdevolle teenwoordigheid te kan leef!”

Wanneer jy die nuwe dag ingaan saam met die lewende Christus, sal jy definitief positief en kreatief wees. Benut al die geestelike genademiddels wat God tot jou beskikking stel om die kwaliteit van jou dag te verbeter. Sy krag is vir jou beskikbaar en Hy sal jou help om elke versoeking of verkeerde neiging te oorwin en so op sy pad te bly.

Wanneer jy jou dag met God begin, kry jy die rigting en lewensblyheid wat slegs Hy jou kan bied.

Elkeen van ons kan wakker word met God in ons gedagtes, maar soms ook met ander dinge wat sleg en negatief is. Dit is juis dan dat jy ‘n tydjie met God moet spandeer en jou fokus weer op Hom gerig kry.

Hemel Vader dankie vir hierdie nuwe dag,
‘n dag met nuwe ervarings en nuwe seëninge.
Ek bring my deurmekaar en negatiewe gedagtes na u,
ek deel my bekommernisse en vrese met u.
Kom vul my met u vrede en rus,
my gedagtes met dit wat rein en lieflik is.
In Jesus naam,
Amen
(Filippense 4:6-9).

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s