Genesing vir ‘n vernietegende lewe…


Het jy al ooit gewonder hoekom die lewe so swaar en moeilik is?
Wonder jy oor mense wat hierdie lewe van vernietiging daagliks uitleef?

Ek wonder baie hier oor. Ek wonder waar mense vertroosting kan vind, waar hoop en bemoediging gevind kan word en of daar ‘n plek van rus en vrede gevind kan word…

Jeremia 17:9 maak dit duidelik “Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?”
Ek kan dus nie verwag dat mense moet goed wees nie. Ek kan nie van enige mens goeie, morele en liefdevolle dade verwag nie, want ons is almal sleg en vrot as gevolg van ‘n bedrieglike en verdorwe hart…

Waarna verlang en begeer jy? Ek verlang en begeer na ‘n lewe van genesing, ‘n lewe waar hierdie hart siekte van die mens volkome genees is, ‘n lewe vervolmaak deur heiligheid!

Daar is genesing vir die hart… ‘n genesing wat hierdie hart siekte van die mensdom volkome kan genees. Hierdie genesing kan slegs gevind word in die enigste Bron van ware lewe…
Ons soeke na al die goeie en volmaakte moet verskuif na ‘n soeke vir die Bron van Lewe… Hy, die Lewegewer is die enigste genesing vir die bedrieglike en verdorwe hart…

En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.
(Jer 29:13).

Hy moet ons alles word, die BRON van ons daaglikse lewe…
Wanneer ons Hom ons alles maak daagliks, dan kom Hy daagliks en genees die sieklikheid van ons harte:

En Ek sal julle uit die nasies gaan haal en julle uit al die lande bymekaar laat kom, en Ek sal julle in jul land bring. Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig. En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen. En julle sal woon in die land wat Ek aan jul vaders gegee het; en julle sal vir My ‘n volk en Ek sal vir julle ‘n God wees.
(Esegiël 36:24-28).

Ons kan en mag streef na ‘n lewe van oorwinning in Hom en deur Hom, ons Lewegewer!!!

Hemelse Vader, hier is ek!
Ek het u nodig vandag.
Soos ek myself aan u wy
kom lewe deur my,
sodat u wil geskiet
oral in my en om my…

Here Jesus, hier is ek!
Wees my lewe vandag.
U is my Here en my God,
my vreugde en genot.
So wil ek volkome lewe
deur u liefdesgebod!

Ek bid dit in u volmaakte Naam,
Amen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s