Bid sommer daar waar jy nou sit. Nadat jy gebid het, dan stuur jy hierdie gebed aan iemand anders.
BID SAAM :
Hemelse Vader ons bid vir berou en bekering. Vader ons bid vir vergifnis van ons sonde. Ons bid dat U die mense se geestelike oë en ore sal oopmaak.Ons bid dat U die mense in Suid-Afrika genadig sal wees en sal seën. Ons DANK U vir reën wat reeds geval het en bid dat U genoeg reën sal stuur na plekke wat smag daarna.
Ook dat U alle Suid-Afrikaners sal beskerm teen al die geweld. En dat daar ‘n positiewe verandering in Suid- Afrika sal plaasvind.
Ons bid Vader dat U suid-afrikaners sal leer deur U Heilige Gees om ‘lewe’ te spreek en nie ‘dood’ nie Dat hulle sal besef in die mag van die tong is ‘lewe’ of ‘dood’ En suid-afrika kies lewe.
Ons bid dit in die Naam van JESUS.
Amen