‘n Man na God se Hart


Ons het vandag in die klas gesels oor een en twee Samuel. Die mees treffendste vir my was die ooreenkomste en verskille tussen Saul en Dawid. Die roeping en salwing op albei van hulle was amper 100% die selfde. Daar was ook ‘n paar verskille wat baie uitgestaan het. Hierdie verskille het van elkeen van hulle afsonderlik ‘n mislukking en ‘n sukses as koning van Israel gemaak. Saul het meer ag gegee op die mense as om gehoorsaam aan God se woord te wees en dan daarna homself geregverdig deur ‘n klomp stories. Dawid het eerstens ag gegee aan God se woord en as hy fouteer of gesondig het het hy berou gehad en sy skuld voor God bely.

Hoe hanteer jy dit as jy fouteer het of teen iemand gesondig het?
Is jy bereid om skuld te erken en te vra vir vergiffenis?

Dawid was ‘n man na God se hart omdat hy God erken het as Koning, Herder en Here van sy lewe deur die verhouding wat hy met God gehad het. Dit kan baie duidelik gesien word in Psalm 51 en 32.

‘n Psalm van Dawid; ‘n onderwysing. Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is. Welgeluksalig is die mens aan wie die HERE die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie. Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag; want u hand was dag en nag swaar op my; my murg het verander soos deur somergloed. Sela.

My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die HERE my oortredinge bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela.

Daarom sal elke vrome U aanbid in ‘n tyd as U te vinde is; ja, by ‘n oorstroming van groot waters sal hulle nie aan hom raak nie. U is ‘n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela.

Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees. Wees nie soos ‘n perd, soos ‘n muilesel wat geen verstand het nie, wat ‘n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig, anders kom hy nie naby jou nie. Die goddelose het baie smarte, maar hy wat op die HERE vertrou—met goedertierenheid sal Hy hom omring. Wees bly in die HERE en juig, o regverdiges! En jubel, alle opregtes van hart!

(Psalms 32:1-11).

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s