Ek ken jou skaars.
vir ‘n oomblik vas-genael
aan die dekadente verhaal
geloof so bitter-soet
toe ek jou
liggies in die sommer ontmoet
harte-breker
om-keerder
wat is jou naam nou eintlik
as ek sy dessibels
ontnugter
teen die plafon
laat hop en spring en
sing
Hooglied
se band
om en om en om
in my kop herkou
jy was my Rebekka
my Hosea
die vergelyking
waaraan almal te kort skiet
dagdroom
nag-huilek ken jou skaars
hoekom
is jy
jy
ek gaan terug in my dop kruip
my ouderdom vermom
dat jy dink
ek is maar net
‘n kind
nie opgewasse vir drome
of trourok – some‘n geheim
‘n gedig
‘n vrou
‘n vrug
‘n woord
‘n boekjou oë die geel-rose
In my
Lank lank gelede
Gebede.