Wat Vereis Hierdie Liefdes Wandel…


Volharding en deursettingsvermoë van elkeen van ons!!!

In tye van nood, vernietiging, vrees, terugslae, teleurstellings, moedeloosheid, haat, woede, mislukkings en elke ander negatiewe omstandigheid moet jy net volhard en aanhou vasklou aan die liefde en redding van God ons hemelse Vader. Sonder Hom kan ons nie hierdie liefdes wandel vol hou nie.

Deur julle volharding moet julle jul lewe in besit neem.
(Lukas 21:19)

Volhard in liefde, goeie werke, hoop, gebed en geloof. Jesus het in Lukas 8:15 gesê dat ons met volharding goeie vrug moet dra. Paulus het in Romeine 2:7 gesê dat ons nie moet ophou om goed te doen nie, maak nie saak wat ons omstandighede is nie. Hy het ook in Efesiërs 6:18 gesê dat ons moet aanhou bid vir mekaar, sonder ophou. Paulus het ook baie gepraat van geloof, hoop en liefde:

…onophoudelik in gedagte hou die werk van julle geloof en die arbeid van julle liefde en die lydsaamheid van julle hoop op onse Here Jesus Christus, voor onse God en Vader.
(1 Tessalonisense 1:3)

Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.
(1 Tessalonisense 5:8)

En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.
(1 Korintiërs 13:13)

Dit is duidelik dat ons iets het om na uit te sien, maar ook moet volhard eerstens in liefde dan hoop, dan geloof en dan goeie werke… Jakobus het gesê dat geloof sonder werke dood is en Johannes dat liefde sonder werke ‘n leun is…

Die broederliefde moet bly. Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg. Dink aan die gevangenes asof julle medegevangenes is, en aan die wat mishandel word, as mense wat self ook ‘n liggaam het. Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel. Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen?
(Hebrews 13:1-6)

Om waarlik lief te hê vereis volharding en toewyding. Om lief te hê soos Jesus liefgehad het, is ’n langtermyntoewyding.
(FF Bruce)

Hierdie lewe van liefde is dus nie maklik nie, maar as ons volhard daarin is ons lewens geskenk die teenwoordigheid en vrede van ons Hemelse Vader wat ons daagliks omhels…

One thought on “Wat Vereis Hierdie Liefdes Wandel…”

  1. Hoekom maak liefde so seer? Almal gee raad en se soveel dinge maar liefde is en was in my hart. Die gevoel van jy sou enige iets doen vir die meisie/vrou wat jy liefhet selfs dood gaan vir ha.My hart is seer en ek bid en vra vir antwoorde by die Here ek soek genesing ek het soveel liefde om vir haar te gee maar sy is na 2j6mnde nie meer seker nie, een oomblik soek ons ring uur later is my hart in duisende stukkies onsekerheid? gevoel van nou moet ek setle? Niemand weet hoe lief ek haar het nie want daar bestaan nie woorde om dit te beskryf nie…………

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s