Wat maak jy nou met liefde?


Het jy geweet dat ander mense jou liefde nodig het, sommige is eensaam, ander bang en verskrik en dan is daar die wat net ‘n baie slegte dag gehad het. Is jy bereid om die hulp, ondersteuning en liefde wat God in jou geplaas het teenoor hierdie mense uit te leef.

Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel; en hou julle lewenswandel onder die ongelowiges skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking. Wees dan onderdanig aan elke menslike verordening ter wille van die Here—of dit die koning is as opperheer, of die goewerneurs as sy gesante, om wel kwaaddoeners te straf, maar die wat goed doen, te prys. Want so is dit die wil van God dat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense tot swye sal bring, as vrymense en nie asof julle die vryheid het as ‘n dekmantel vir die boosheid nie, maar as diensknegte van God. Julle moet almal eer, die broederskap liefhê, God vrees, die koning eer.
(1 Petrus 2:11-17)

Ons is so ongemaklik as daar seer of lewensmoeë mense naby ons kom, terwyl God se plan met ons was om fonteine van lewendewaters te wees om juis hierdie mense te vul met hierdie lewendewater. Binne in elkeen van ons wat die Heilige Gees ontvang het is hierdie fontein van lewe.

Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.
(Johannes 7:38-39)

Dus moet ons toelaat dat God deur ons vloei en sodoende ander mense fisies, emosioneel en geestelik genees.

Hierdie Lewendewater voed ook jou hart en dit word dan ook ‘n tuin van lewe

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s