Lees Efesiërs 5.
Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ’n offergawe gegee het, ja, ’n offer wat vir God aanneemlik was…
Efesiërs 5:2
Ware Liefde kom van die fontein van lewe, die liefde wat in jou woon deur Sy Gees, Jesus, die lewende Christus! ‘n Lewe van liefde word gebore uit die verhouding van liefde wat elkeen van ons met God het. Hierdie liefdesverhouding vloei dan deur jou vanuit die fontein in jou na elke mens rondom jou.