Laat liefde jou vrees uitdryf


“Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde
verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie
volmaakte liefde nie”(1 Johannes 4:18).

Lees 1 Johannes 4:7-21
Vrees is soos ’n bose gees. Dit bekruip en verblind ons. Dit spook
by ons en agtervolg ons. Dit verydel en verswak ons beste po­gings.
Dit voorkom dat ons groot dinge aanpak. Dit is die oor­saak dat ons
toegee juis aan dié dinge wat ons wil teenstaan. Dit is ’n
struikelblok op ons pad van vordering. Tog kan vrees in sekere
situa­sies ook ’n verdedigingsmeganisme wees.

Die mense in die verre verlede het God gevrees. Hy was vir hulle die
totaal van al die onbekende kragte wat ’n mens kon kwel en pla.
Indien hulle skuldig was, het hulle sy mag om straf uit te deel,
ge­vrees. Lank voordat hulle geleer het dat God liefde is, het hulle
sy veroordeling gevrees wanneer hulle sy gebooie en wette oortree.

Toe mense uitvind dat Jesus hulle liefhet, het hulle ook ontdek dat
God hulle liefhet. Omdat hulle toe besef God het hulle lief, kon hulle
ook hulleself en ander mense liefhê. Vrees het hulle nie meer in sy
greep vasgeklem nie. Hulle het ontdek dat daar ’n baie stewiger
greep van almag is: God se volmaakte liefde het alle vrees verdryf.

Jy hoef God nie te vrees nie, maar jy moet sy gebooie gehoorsaam
omdat jy Hom liefhet. Jy hoef nie bang te wees nie, want jy weet dat
jy deur sy volmaakte liefde genees word. Jy hoef nie die toekoms te
vrees nie, want dit staan onder sy soewereine gesag en beheer. Jy hoef
niks te vrees nie, want jy word vasgehou deur sy barmhartigheid,
liefde en genade. En sy liefde is volmaak!

Gebed

Ek dank U, my Verlosser en Saligmaker, dat u volmaakte liefde alle
vrees uit my lewe verdryf het.

Uit: Wandel digby Christus, Solly Ozrovech se nuutste Bybeldagboek.

Om te bestel skakel 0860 231 231 of besoek www.luxverbi-bm.com

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s